Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tussen linte, nat kouse en vodka-versugtings

Theo Kleynhans

is 'n bekende plaaslike kunstenaar. Hy het vanjaar sy hande vol by die Aardklop-kunstefees. Hy is een van die keurders vir die Aartvark-prys, bied die begeleide kunstoere op kampus aan, skryf kunsresensies vir die feeskoerant Spat en behartig die interieur vir Sarie se VIP-tent. Tussen dit alles lewer hy daagliks vir LitNet verslag oor wat by Aardklop gebeur ...
  Theo Kleynhans

Die Donderdag by die fees dommel verby. Dit voel soos fietsry of eet. Ek staan op, ek gee lesings, ek sien shows, ek loop uit, ek skryf resensies, ek sit uiteindelik in die Perskor-ouditorium en besluit saam met die res van die keurpaneel dat Skroothonde die Beeld Plus-Aardvarkprys sal kry. Die ander keurpaneel besluit ure later dat Swartskaap die Anglo Gold Ashanti/Aardklopprys sal kry.

Ek gaan weer na die Huisgenoot-tent toe, al weet ek dit is net honde wat teruggaan na hulle eie braaksel. Maar ek kan nie aan die gang kom nie en na twee dubbelvodkas gaan ek huis toe. Ek stort en slaap, want Vrydag is dit die 90 ATKV-kinders wat die begeleide kunstoer kom meemaak.

Vrydag 1 Oktober
Ek staan mooi vroeg op en stort op my tyd en ry na die Sanlam-ouditorium se foyer. Ek het bá-áie tyd. Maar daar aangekom vind ek die deure nog gesluit. Ek het gister gereël dat dit oop sal wees, maar nou is dit in duisternis gehul en die deure is nog gesluit. Ek bel vervaard, maar die feesdireksie is almal op voicemail. Ek kom uiteindelik deur na Marguerite Robinson. "Hallo Marguerite, ek wéét dit is nie jou portefeulje nie," (dit is altyd baie belangrik om seker te maak dat jy nie mense buite hulle departemente aanspreek nie; hulle word woedend), "maar dít is nou my probleem en ek kry nou nie die voorportaalmense in die hande nie." Na 'n effense swanger stilte sê sy,"Ja, dit is omdat die bestuur in 'n vergadering is, maar Haddad sit hier oorkant my. Ek sal hom sê." Sekondes later is die deure oop en die ligte aan en die kinders is daar en die toer gebeur en skielik is dit tienuur en ek hardloop terug na die beginpunt en begin weer voor met 'n nuwe groep en daarvandaan gaan ons na die prysuitdelingsfunksie in die gasvryheidstent, waar ek amper gatoorkopslaan want die Sarie-interieur het skielik swart geword. Anglo Gold het my interieur uitgeruk en vervang met hulle eie swart interieur. Dit is nou swart tafeldoeke, swart stoelcovers, swart overlays; selfs die kroeg is swart gedrapeer en al die Sarie-linte (wat URE neem om uit die dak te hang), is weg. Maar ek byt op my tande en nadat ek gaan sit het, kom die gasvrou na my toe en sê "ons moes dit uithaal, maar ons gaan dit weer terugsit" with the bat of an eyelid. Ek bly maar stil.

Teen vieruur is daar histeriese oproepe van die tent af en die bemarkingsbestuurder van die fees bel en die partytjiebeplanners bel en almal is in 'n paniek want hulle kry dit nou nie reg nie en sal ek kom. Asseblief. Nou is ek die moer in, want ek moet 'n job twee keer doen waarvoor ek net een keer betaal word. Maar ek gaan.

Die leer wat hulle gebring het, is te kort, so ek moet myself op die leer balanseer terwyl almal wat in die tent sit - moenie glo dit is leeg nie - onder my hemp inkyk na my soft hairy underbelly.

Dan is daar die linte wat uit die dak hang bokant die emmers appels. Om hulle terug te sit moet ek op die tafels klim in my kouse. En terwyl ek nou tussen mense se drankies rondprance op hulle tafel word my een voet skielik sopnat. Ek kyk af en dit is JP Landman wat water oor my kous op die tafel uitgooi! Dit is vir hom baie snaaks, maar ek het werklik nou nie meer tyd vir sulke kak nie. Ek bulder: "Dis nou nice! Dis nou fokken nice! Nou moet ek my nat voet terugsit in my skoen en gaan dit nou nie lekker wees nie?!" Ek glo nie hy het so 'n reaksie verwag nie, maar hy kyk dadelik weg.

Ek klim van die tafel af en maak die res van die tent klaar. Toe ek by my Hyundai Getz in die straat kom, is die tow-truck reeds voor my kar gepark. Maar ek dink my aura ontwapen die opgeskote kêrel wat besig is om kettings en goed af te laai. Ek klim in my karretjie en ry terug koerantkantoor toe. Waar ek nog stories skryf en hoop en bid dat iemand gaan opdaag met vodka. Ek is so uitgehonger vir 'n joint dat ek 'n hond daarvoor sal afsuig. Ek sê dit hardop en voel onmiddellik hoe ek my audience verloor. Die feeskoerantspan is moeg. Daar is nie drank in ons yskassie nie. En ek moet rêrig nou gaan.



LitNet: 3 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.