Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ons almal ken die tune ...

Theo Kleynhans

is 'n bekende plaaslike kunstenaar. Hy het vanjaar sy hande vol by die Aardklop-kunstefees. Hy is een van die keurders vir die Aartvark-prys, bied die begeleide kunstoere op kampus aan, skryf kunsresensies vir die feeskoerant Spat en behartig die interieur vir Sarie se VIP-tent. Tussen dit alles lewer hy daagliks vir LitNet verslag oor wat by Aardklop gebeur ...
  Theo Kleynhans

Ek word vervaard wakker. Ek lê half bo-op my Fritz Deelman-boek en iets voel nie reg nie. Ek kyk na die tyd en sien dit is kwart voor tien. Ek moet oor 15 minute die begeleide toer van die visuele kunste op kampus behartig. Gister was daar al 19 van die 30 moontlike kaartjies verkoop. Daar is die irriterendste slag van simbale om my. Ek besef dit gaan gepaard met oë knip. Ek het die hangover wat ek laas gehad het in standerd sewe toe ek die huis moes oppas daai vakansie.

Ek kyk weer op my horlosie. Dit is nou 12 minute voor tien. Ek kan nie meer stort nie. Ek trek die klere wat op die vloer lê, weer net so aan. Want as hulle my asem kan oorleef, sal die rookreuk in my klere 'n breeze wees. Ek spring in my kar en klop-klop tot voor die Sanlam-ouditorium. Ek skiet die trappe vier-vier op en kom eers later agter wat 'n groot fout ek gemaak het, want toe ek bo kom, wag almal reeds vir my, maar na die 40 sigarette van laasnag kan ek nie 'n woord uitkry nie. Ek hyg en proes soos die treine teen my kamermure.

Uiteindelik roggel ek dat hulle maar moet rondkyk tot ek my asem terugkry. En toe is ek in performance mode. En ek oorkompenseer vir die totale afwesigheid van persoonlike hygiene deur my heel beste kunsstories op te dis en dinge in te kleur en ek dryf my groep so wild dat toe ons eindelik by Berni Searle se Vapour-installasie tot halt kom, klap hulle vir my hande.

Maar ek is gaar en bewerig. Ek gaan eers terug huis toe om te stort en myself meer respektabel te maak, maar die vlees is nie meer gewillig nie. Ek stap uit drie shows uit. Ek skryf 'n powere beriggie. Ek vlug na die gasvryheidstent waar die een bom na die ander bars oor klank equipment en Valiant wat weier om te speel en die door deal en die wêreld is woes en leeg.

En my foon lui en dit is my ou mater Riaan Venter, Die Nutsman op SABC2, en hy wil nie nee vat vir 'n antwoord nie en ons eindig op in Huisgenoot se VIP-tent waar daar reeds 'n cd-launch vroeër was en die drank is wéér verniet en toe ek weer kyk, is dit drie-uur in die oggend en ek sit en skryf 'n gedig by die tafel tussen Trix en Margit, en Sarah cha-cha met Riaan en goed is bietjie fuzzy.

Ek dink ek het laterig gaan slaap.

Poem vir my afwesige minnaar
30 September 2004, 02:43, Huisgenoot-tent, Aardklop

Ons almal ken die tune:
rondom veertig
dans ons in die lig
saam met die geaktualiseerdes
en die breë bekke
blink in die Huisgenoot-tent

Ons almal ken die tune:
rondom laatnag, medepligtig
saam met die geaksentualiseerdes
verby die plaashekke
is dit steeds jou Spur-pepperment
blou oë wat ek mis
en die vlietende onmiddellikheid van jou vel
my god.





LitNet: 30 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.