Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Stander hou ’n mens wakker

Francois Tredoux


Drama: Stander
Met: Albert Maritz
Teks en regie: Charles J Fourie.

In die Klein Libertas Teater, Stellenbosch. Slegs op 5 Junie.


My idees van “gangsters” en slegte ouens kry ek van enkele flieks, soos seker die meeste ander mense ook. Speurverhale met hardegat “private investigators” en slinkse boewe was nog nooit my tipe leesstof nie. En eenman-toneelstukke vereenselwig ek met shows oor mense wat heldeverering waardig is, soos Oscar Wilde. Ek het dus nie mooi geweet wat om te verwag van Charles Fourie se stuk oor André Stander, Suid-Afrika se mees berugte bankrower, nie.

Wat ek nie verwag het nie, is ’n toneelstuk wat my sou boei en vermaak, en my verbaas sou laat oor die energie wat nodig is om so ’n eenmanstuk te laat slaag. Albert Maritz speel ’n groot verskeidenheid rolle, van Stander en sy makkers, tot kollegas in die polisiemag, tot die slagoffers van die Stander-bende. ’n Paar pruike, vals snorre en brille help hom in die proses om van gedaante en karakter te verwissel.

Maar as jy ’n pruik en miskien ’n snor opsit, beteken dit nog nie dat jy in die karakter ingeklim het nie. En Maritz se vaardigheid kom juis hierin na vore: die karakters is meesal geloofwaardig, ten spyte van die teks wat party van hulle in karikature verander omdat hulle net nodig is om die plot te laat voortbeweeg en nie om die emosionele konteks uit te brei nie.

Ongelukkig is Maritz se behendigheid met vrouerolle nie te waffers nie - maar dis seker moeilik vir ’n fors man om die regte graad van vroulikheid blitsvinnig aan te trek. Hy vaar egter uitstekend met die mansrolle. Sy uitbeelding van Stander is genuanseerd, en die teks laat hom toe om die meervlakkigheid van ’n komplekse persoonlikheid gestalte te laat kry. Veral die slottonele beïndruk. Dit verg uiteraard baie energie om so ’n verskeidenheid rolle te speel, om so vinnig van karakter te verwissel en om die aksietonele in die regte tempo te “pitch”; ek is seker die speelvak hou Maritz fiks.

Dis ’n ambisieuse teks, want dit bring ’n klomp strominge in sowat anderhalfuur saam. Dis weliswaar die geskiedenis van een persoon, met groot spronge vertel, met belangrike gedeeltes wat oorgeslaan word, of tot een of twee sinne ingekort word. Maar dis ook sosiale kommentaar, en ’n analise van hoe individue geraak en gevorm word deur ’n heersende ideologie. Die beeld van Stander se pa, die generaal, wat aanhoudend vra, “My seun, wat maak jy daar in die donker?” trek godsdiens, politiek en seker ook Freudiaanse sielkunde treffend saam - én dis vreesaanjaend, veral vir mense wat nog kan onthou wie PW Botha is.

Dit het my tot later as gewoonlik wakker gehou, dié vraag oor hoe die politieke bestel van destyds my gevorm het. En dis meer as wat ek kan sê van Goodfellas of enige van die “cop gone bad”-flieks wat my verwysingsveld van “baddies” uitmaak.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.