Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Suidoosterfees 2004 maak reeds vroeë geluide

Jean Meiring

Verlede jaar was Die Burger Suidoosterfees ’n nuutjie in die Suid-Afrikaanse kunstefees-siklus. Nog in nêppies en met ’n fopspeen tussen die lippe, keer dit later vanjaar terug.

Dit vind op 24 en 25 September plaas. Op 23 September is daar ’n openingsbal, en op 26 September word dit met ’n vredespiekniek afgesluit.

Een van die fees se toneelhoogtepunte is Poppie - Die Drama, met 7de Laan se eie Charmaine (Vinette Ebrahim) in die titelrol en húl regisseur, Henry Mylne, ook hier aan die stuur. Dié drama, gebaseer op Elsa Joubert se roman Die Swerfjare van Poppie Nongena, sluit aan by die fees se lesersprojek: gratis eksemplare word by ’n aantal skole uitgedeel.

Pieter-Dirk Uys se satire Die Van Aardes van Grootoor sal sekerlik sorg vir ’n sketterende geskater. Anthony Wilson is die regisseur.

Oorsprong en identiteit vorm die temas van die nuwe drama Lydia Williams. Die titelkarakter is ’n slavin wat in Kaapstad gebore is, in 1834 bevry is en ’n groot rol in die opheffing van Distrik Ses gespeel het. Dis gebaseer op ’n verhaal van wyle Jill Fletcher.

Die Kaapstadse Stadsballet sal die fenomenale Raka - Die Ballet, geskoei op die gelyknamige NP Van Wyk Louw-versdrama, opvoer, en daar sal ’n uur lange optrede deur die Kaapse Filharmonie wees.

Die nou reeds alombekende Joe Barber maak ook weer snip-snip ’n draai.

Die volledige feesprogram sal op 27 Augustus bekend wees.

27 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.