Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dié liefde spreek tog in stryd sy vermaledyde naam

Jo Prins


Your Loving, Simon


Met Fourie Nyamande en Bheki Vilakazi
Teks en regie deur Robert Colman
Die Laager-teater van die Mark in Newton, Johannesburg.

Dinsdag tot Saterdag om 20:15, Sondae om 15:15. Tot 18 Mei.


Vegter vir gay-regte en Vigs-aktivis Simon Tseko Nkoli word gehuldig in dié nuwe stuk, wat sy oorsprong in die “drama-laboratorium” van die Markteater het.

Nkoli (gespeel deur Nyamande) is in 1984 in hegtenis geneem weens beweerde terroristebedrywighede teen die staat. As een van die sogenaamde Delmas 22, só genoem vanweë die hofsaak wat tot een van die langste politieke gedinge van die jare tagtig aanleiding gegee het, het Nkoli met mense soos Popo Molefe en Mosiuoa Lekota skouers geskuur.

Your Loving, Simon skets deur middel van ’n gefiksionaliseerde selmaat Madoda Mvelazi (gespeel deur Vilakazi) die moeilike keuse wat Nkoli in die tronk in die gesig gestaar het om openlik gay te wees.

Vrae wat in die lang nagte in sy sel aan Nkoli moes geknaag het, het waarskynlik verband gehou met hoe die comrades sou reageer indien hy homself sou bekend maak as ’n “homoseksuele terroris”. Hoe sou hierdie ingesteldheid, die feit dat hy gay is — wat boonop as ’n “wit ding” deur baie van sy comrades gesien is — die struggle beïnvloed? Sou dit hom as swak skakel tussen sy broers belig?

Met sy bekoorlik rollende r’e en lenige lyf het Nyamande ’n lang pad gekom sedert 1993 toe hy in Reaping the Whirlwind gespeel het. Hoewel nie ’n kragtoer nie, is Nyamande se vertolking goed. Dis asof sy karakterisering jou amper onverhoeds betrap — skielik, besef jy, ís hy net Nkoli.

Benewens die beligting wat die spartaanse stel letterlik lewe gee deur die oog te lei tussen tydspronge, en droom en werklikheid, is die dialoog innemend. Nkoli word voorgestel as die nuwe selmaat wat as ‘t ware Mvelazi se persoonlike ruimte binnedring. Ná die twee mekaar uitgekyk het en besef het hulle is beide comrades, vlot die verhouding aanvanklik goed.

Maar dis Nkoli se briefskrywery aan sy geliefde Roy wat die teaterganger heelwat meer insae gee in die man se dilemma. Waar die ouer comrade sy vrou se foto op sy bedkassie het, is dié nuweling skugter om sommer van meet af aan met Roy se foto vorendag te kom. Elke keer wanneer Nkoli op sy bed lê en brief skryf, wil ’n nuuskierige Mvelazi weet “vir watter meisie is jy al weer besig om só ’n lang brief te skryf?”

Colman het dit in sy teks nodig geag om hier en daar sinne in Sotho en Zoeloe in te bou — iets wat met die aanhoor beslis deel uitmaak van die atmosfeer van die stuk en wat natuurlik inpas. Omdat baie teatergangers egter nie Sotho en Zoeloe kan praat nie, of dit selfs nie eens deels kan verstaan nie, loop Colman die gevaar dat hulle wonder of dié frases herhalings van die Engels is, en of hulle iets gemis het.

Your Loving, Simon word met deernis deur beide die akteurs ingekleur in ’n teater-area wat in atmosfeer enige stadskouburg in die land kan aanvat. Colman kon egter meer gemaak het van die sogenaamde ontknoping, die punt waar Nkoli “uit kom” en die comrades in geen onduidelike taal nie laat weet dat hy gay is. Dis asof die opbou platval in dié groot bekentenis van Nkoli. Hy gee aan Mvelazi ’n verduideliking van ’n toneel wat die teaterganger nooit sien nie. Nkoli se vraag, “Am I on two trials?” bring sy aanvanklike afgesonderdheid binne die sosiaal-politieke landskap soveel te meer na vore.

Ongeag tekortkominge is Your Loving, Simon — soos gesien in die “cultural precinct” van die Markteater — beslis die moeite en die geld werd.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.