Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam-teaterprys kry baas

Die heel eerste Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater het Saterdagoggend 17 Julie in Bloemfontein by die Volksblad-kunstefees baas gekry. Die algehele wenner is die Universiteit van Stellenbosch met My plaas se naam is Vergenoeg deur George Weideman. Weideman het ook Sanlam en RSG se 2003-kompetisie vir radiodramas gewen.

Die ander finaliste was die Universiteit van die Vrystaat met Nico Luwes se Knorries en die Krisis en die Kaapstad-kampus van die nasionale filmskool AFDA met Ernst Bröcker se Eëtjie, Feëtjie.

My plaas se naam is Vergenoeg sorg ook vir die individuele wenners. George Weideman is as die beste dramaturg, Johan Esterhuizen as die beste regisseur, en Jackie van den Heever (vir haar rol as Grace Boois) as beste akteur aangewys.

Die wenproduksie kry 'n stewige R100 000, op voorwaarde dat die produksie by twee ander kunstefeeste opgevoer word. Die individuele pryse is elkeen R20 000 werd.

Pieter Fourie, sameroeper van die deurwinterde beoordelaarspaneel, het gesê hulle was verras met dit wat die finaliste in so 'n kort tydjie reggekry het. "As die Sanlam-prys hierop voortbou, gaan dit die inspuiting vir Afrikaanse teater wees waarop ons só lank gewag het."

Die wenstuk Vergenoeg speel af tydens 'n Kommissiesitting om te bepaal of die eerstydse plaashulp, Grace Boois, haar seun op die Veldsmans se plaas, Vergenoeg, mag begrawe. Dit is 'n beeldryke stuk waarin die geskiedenis en die hedendaagse aktualiteit teenoor mekaar afspeel.

Die toneelstuk sal nou ook van 28 September tot 2 Oktober 2004 by Aardklop opgevoer word en by minstens nog een ander kunstefees.

Die name van die finaliste is vroeër vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn bekend gemaak. Die wentekste is toe ingestudeer en met 'n borgskap van R25 000 elk by die kunstefees in Bloemfontein opgevoer.

Die prysgeld van altesame R260 000 wat beskikbaar gestel is, maak die Sanlam-prys die grootste in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater vir die ontwikkeling van Afrikaanse teaterproduksies. Dit is daarop gemik om die standaard van Afrikaanse teater te stimuleer, die skryf van professionele dramatekste aan te moedig en opkomende teaterkunstenaars die geleentheid te bied om hul talente te ontwikkel.

Die Sanlam-prys vir 2005 sal sy hoogtepunt by die KKNK van 25 Maart tot 2 April 2005 in Oudtshoorn bereik. Dit beteken dat tot vier splinternuwe Afrikaanse dramas daar deur studente opgevoer sal word.

Om hiervoor in aanmerking te kom moet oorspronklike Afrikaanse dramatekste (ongeag dialek of streektaal) reeds teen 23 September vanjaar aan enige van die dramadepartemente by universiteite en technikons in Suid-Afrika voorgelê word. Volledige besonderhede is op die Internet by www.sanlam.co.za beskikbaar onder "Kompetisies" op die tuisblad.



LitNet: 04 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.