Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dialoog verloop soos ’n swaardgeveg van ouds

Braam van der Vyver

Resensie: ’n Dramatiese Einde
Met: Pierre van Pletzen en Chris Vorster
Teks en regie: Chris Vorster
Opgelewer: by die KKNK, Laerskool van Reede
Tot: 7 April 2004

Pierre van Pletzen is die grootmeester van Afrikaanse komedie en Chris Vorster is self nie ’n groentjie nie. Deesdae is hulle ook twee van die ankerakteurs in Sewende Laan. Dit hou die voordeel in dat die publiek op ’n daaglikse basis aan die speeltalent van hierdie twee begaafdes blootgestel word.

Vir vanjaar se KKNK het Vorster die pen opgeneem en ’n tweehander geskryf. Met die ewige spanning tussen resensent en akteur as sentrale tema kon die poppe net dans — en dit hét. Om sake verder te kompliseer is die resensent, Jean la Grange, gay, en die nuweling-akteur (Vorster in die rol van Rex Rossouw), ’n gewillige minnaar. ’n Gunstige resensie verleen dan ook ’n hupstoot aan die jongeling se ontluikende loopbaan. Die nuutgevestigde verhouding word egter bedreig deur ’n oudisie waarvoor Rex nie heeltemal opgewasse is nie.

Beide akteurs se spel is meesterlik. Van Pletzen se vertolking van die gay resensent is tegelyk oordrewe en subtiel. Die vlymskerp teks bevat goedgeplante aanhalings uit Hamlet, Raka en enkele ander meesterwerke. Dit vorm deel van die tale waarin die meeste resensente spreek. Vorster is ewe tuis in die rol van die jong opkomende windgat akteur.

Die dialoog verloop soos ’n swaardgeveg van ouds. Blitsige reaksies en teenreaksies hou die gehoor op hulle tone.

’n Dramatiese Einde bied uitstekende vermaak aan diegene wat vertroud is met die psigodinamika van die teaterwese. Die gewone lid van die publiek mag dalk ’n bietjie verlore raak in die web van binnekring-humor. Dit beteken egter nie dat nie almal dit kan geniet nie. Die baie goeie teks en uitmuntende spel sal daarvoor sorg.



LitNet: 06 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.