Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Grotman Groet by die Staatsteater

Helene Cloete

Die Afrikaanse weergawe van Rob Becker se klassieke eenmanstuk Defending the Caveman het onlangs in die Dramateater geopen. Hierdie produksie, met Sandra Prinsloo as regisseur, bied ‘n unieke perspektief op ‘n tema wat teen dié tyd al deurtrap is.

In Becker se teks word die geslagstryd uit ‘n antropologiese oogpunt beskou. Sy argument kan opgesom word deur te sê dat mans en vrouens se verskillende rolle in die oertyd steeds ons optrede vandag voorskryf. Genadiglik is die stuk nie ernstig wetenskaplik of akademies van aard nie, want min dinge sou meer vervelig gewees het as ‘n ernstige beskouing van ‘n teorie wat só ooreenvoudig en eensydig is.

Die rede waarom Groet die Grotman eindelik vermaaklik is, is eenvoudig die humor. Die oorspronklike teks is snaaks, Koos Kombuis se verwerking is snaaks, en Hannes Muller se vertolking, beide fisies en verbaal, is werklik snaaks.

Dit is ‘n goeie ding dat die program aandui dat Koos Kombuis die vertaling en verwerking gedoen het, want die teks is nie bloot ‘n vertaling nie. Hierdie Grotman is ‘n rugby-ondersteuner wat biltong koop by die Spar, nie ‘n Amerikaanse couch potato wat teen alle logika Afrikaans praat nie.

Wat Groet die Grotman egter uniek maak onder die bestaande werke oor die geslagstryd, is hoe Becker vrouens vanuit opregte liefde vir hulle probeer verstaan, eerder as om te sê: Jy is nie soos ek nie, so jy is sleg. Dit is ‘n standpunt wat eintlik al lankal deel moes uitgemaak het van die feministiese diskoers. Terselfdertyd pleeg die stuk nie selfmoord wanneer die ernstiger boodskap na vore kom nie. Die humor bly deurgaans daar om die oorheersende luim lig te hou.

Gaan kyk die stuk gerus. Dit bied ‘n sekere hoeveelheid insig in die teenoorgestelde geslag, maar selfs al is jy nie lus om dit raak te sien nie, sal jy lekker lag.




LitNet: 28 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.