Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans in Londen

Carien Loubser

Om goodbye te sê
Rolverdeling: Brumilda van Rensburg, Tanya Swanepoel en Gavin van den Berg.
Geskryf deur Terblanche Jordaan

Die gewilde drama, Om goodbye te sê, maak sy debuut in Londen, op uitnodiging van die Ambassadeursvrou, me Cheryl Carolus. Die produksie word op 2, 3, 5 & 6 Oktober in die teater van die S.A. Huis aangebied vir al die Afrikaners in Londen en omgewing..

Om goodbye te sê, ’n stuk uit die bekroonde pen van Terblanche Jordaan, handel oor vreugdes, vrae, pyn, woede, hartseer, liefde en die realiteit van afskeid neem. Dis ’n kragspel van woorde, emosie en humor. Met vryheid wat net teater bied het die spelers, Brumilda van Rensburg, Tanya Swanepoel en Gavin van den Berg, telkemaal vol sale op hulle voete gebring by beide die Klein Karoo en Aardklop Kunstefeeste.

Die stuk speel af in die woonstel van twee susters, die wêreldwyse Elizabeth (van Rensburg) en Alida (Swanepoel), die jongste. Dis hier in die binnekamer van die woonstel waar ’n mens kan inkyk in die wese van elke karakter. Gavin van den Berg speel met oortuiging die rol van Jannis, wat die twee susters tydig en ontydig vergas met sy besoeke, openlik verlief op Elizabeth wie al vir jare lank treur oor ’n verlore liefde. Namate Alida se karakter groei, ontwikkel sy van die vaal sussie tot ’n sensuele vrou, steel Jannis se hart en vind hulle ware liefde.

Van Rensburg bewys weer eens met haar spel waarom sy een van die bestes is met kragtige monoloë, soms sinies, soms weerloos. Dis hierdie roerende alleenspraak wat mens laat besef hoe almal kan identifiseer met die onontbeerlike soeke na liefde en die soms pynlike afskeid en verlies wat daarmee gepaard gaan.

Die teks, temas en kontraste is deurspek met emosie, humor en stof tot nadenke. Van die eerste oomblik af word daar met die gehoor se emosie gewerk en gebeur die onverwagte. Komiese oomblikke verander gou in ’n traan. Aan die einde word die teaterganger geruk, want wie van ons het al vergeet hoe dit voel om goodbye te sê?

Vir meer inligting en kaartjieverkope besoek: www.afrikaans-met-vlerke.com of Brumilda van Rensburg se webwerf: www.brumilda.com

Vir verdere navrae:

Carien Loubser
Hoofkwartiere@afrikaans-met-vlerke.com

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.