Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die krukke en kieries val soos die kuierstokkie aangegee word

Erns Grundling

Op hoërskool het ’n driftige en geesvervulde onderwyseres ons telkens herinner aan die meriete van CSV-kampe. As pitkos vir die siel is getroue bywoning wyd en syd aangemoedig.

My meer geesvervulde klasmaats het daarop geroem om as ‘t ware van kamp tot kamp te leef en hul morele gedrag aan te pas.

Die kunstefeeste, wat deesdae regdeur die jaar in verskillende sentra gebeur, herinner my nogal aan die ritme van die destydse CSV-kampe. Dit bied mens die kans om die aflosstokkie van kuns en kuier aan te gee, met die moeë maar parate hande wat die fakkel dra tussen Oudtshoorn, Grahamstad, Bloemfontein en Potchefstroom — om ’n paar van die grotes uit te sonder.

Want die fees — met al sy gerunnik en kabaal — is in wese ook ’n reünie. Dis die ideale geleentheid om weer die ou vriende (en natuurlik vyande ook!) op te soek en in die verbygaan te groet.

Mens sien dit heeldag by Aardklop. Krukke en kieries val grond toe tydens die omhelsings, ’n ou omie met blokkieshemp steier by die aangesig van ’n jarelange vriend. Glasies word wellustig geklink, fronse kwyn weg, die oë glinster by die aanvang van herkenning.

Die skinder per vierkante meter is verbysterend. Ou staaltjies word opgewarm uit die mikrogolf van die geheue, nuwe grappe word braaf getoets. Die feesbrein backtrack op dolle vaart deur die register name, sêgoed, onthullings en vergrype …

Hier kry mens ook kans om nuwe vriende, one-night stands, potensiële lewensmaats, mediakontakte, sakevennote en kennisse in die algemeen te maak. Of jy nou by die Fishmonger knibbel aan ’n vissie of met gebalde vuis jou weg oopveg na Bourbon’s se kroegtoonbank, bly jy omring deur mense en nuwe moontlikhede.

’n Drinkebroer kom neem stelling langs my en ’n kollega in. Dis al amper drie-uur, maar die dansvloer is stampvol. Die nag neem sy eie loop.

Om ons word daar gedans, gedrink, opgechat, afgeloer en planne gesmee. ‘‘Ek dink ek moet nou huiswaarts keer, ek is bang ek raak interpreteerbaar,’’ grinnik die drinkebroer.

“Alles woorde, net leë woorde,” sou Koos du Plessis seker sê. Nietemin bly die fees ’n heerlike manier om deur mekaar se gewaande interpretasies te backtrack …

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.