Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Perlemoeners kyk terug

Jean Meiring


“Ek sê dankie, ek bedoel eintlik ons sê dankie, aan almal.”


Die verhoogstuk Perlemoen, My Ghoen — ’n Perlemoenstorie was verlede naweek by Die Burger Suidoosterfees by die Skiereilandse Technikon te sien. Dit sal in die volgende maande by verskeie feeste te sien wees.

Op Saterdag 23 Augustus het die mense agter én in die stuk terugvoer gegee oor hoe hulle die proses van drama skep ervaar het. (Twee lede van die groep, Georgina Swartz en Bejorgan Arendse, was afwesig.)


Melenthea Braaf

Drie maande van pret en plesier

Ek het die drie maande baie leersaam gevind en ek sal dit nooit vergeet nie. Dit wat Anthony Wilson (Uncle Speedo) ons geleer het, sal ek vir altyd waardeer en onthou. Ook dit wat ons geleer het in die lewensvaardigheidskursus was vir my baie interessant. Soos byvoorbeeld die luistervaardigheid en hoe om mense te probeer verstaan, want elkeen het sy eie persoonlikheid.

Dan was daar ook tye wat ons baie met mekaar baklei het, maar ek glo regtig dat ons met mekaar oor die weg sal kom. Ons het vir Uncle Anthony ook harde tye gegee, maar ek dink hy het ons verstaan en ons vir hom. Allesderhalwe was daardie drie maande vir my baie pret en ek het dit geniet. Die groep mense wat ek leer ken het, is vir my baie spesiaal.

En nog ’n ander ding! Ek mis vir Uncle Anthony baie.

Ek wil net vir Auntie Karin en vir die Kunsteforum baie dankie sê, want sonder hulle was ons nie vandag hier wat ons nou is nie.


Dylan-Thomas Newman

Baie gegroei

Ons het gisteraand ’n toneelstuk op video gekyk waaroor almal in die groep wat dit al gesien het, baie mal was. Almal het gesê dat dit ’n briljante toneelstuk is, maar toe ons dit gisteraand kyk, het ’n interessante ding gebeur. Vennie-hulle het skielik begin sien dat daar baie flaws is. Soos dat die akteurs nie projekteer nie, maar altyd praat wanneer hulle naby ’n mikrofoon staan. Dit het aan my bewys dat ons nie meer na toneelstukke gaan kyk soos ons dit voorheen gedoen het nie, maar dat ons nou daarna kyk as mense wat iets van drama weet en dit dus beter kan waardeer.

Die projek het iets vir ons gedoen wat nie vir die spelers van Die Buite-egtelike Ouma gedoen is nie. Ons is dinge geleer oor drama wat ons vorentoe, as Perlemoen, my Ghoen klaar is, kan gebruik om mee verder te gaan. Ons voel nie asof ons verander het nie. Toe ons sien ons kyk nou amper analities na drama, het ek besef hoeveel ons in hierdie drie maande gegroei het. Ons kan nou na onsself op dieselfde manier kyk en dus net nog meer groei. As ons dit wat ons geleer het, toepas en toegewyd is, sal ons ver kom en is ons beter mense danksy hierdie projek.


Remus Sebonka

’n Uitdaging vir my

Om mee te begin, ek het verskriklik baie geleer en ek het dit geniet. Daar is baie van die kleiner goed wat ek reeds by Die Buite-egtelike Ouma geleer het, maar baie van die nuwe goed was nogal ’n uitdaging vir my. Ek sal dit nogal waardeer om meer te leer in in die toekoms.


Deidre Jacobs

Teatergoggas

Wie sou ooit kon dink of raai dat ek in drama sou belangstel? Nie ek nie! Maar toe ek die eerste repetisie bywoon, was dit ’n belewenis wat ek nog nooit vantevore beleef het nie. Drama was never my indaba, maar dit het vir seker ’n verandering kom bring. Dit het versteekte talent heropen. Dit is ’n lewenservaring wat my handomkeer verkeerd bewys het. Dit is ’n produksie waarop ek voorwaar trots kan wees.

Vir die afgelope drie maande tot vandag toe, het ek dit totally geniet. Nee, regtig! Die produksie is sowaar ’n produk om na op te kyk en na te streef. God het nie net vir ons ’n produksie moontlik gemaak nie, maar Hy het ons geseën met ’n wonderlike regisseur. Iemand om na op te kyk en trots te wees. En dankbaar voor te wees vir al sy opofferinge en geduld.

Hy’t ons baie dinge kom leer. Om positief te wees, om gedissiplineerd te wees, gefokus te bly en toegewyd te wees. Hy’t lewens geaffekteer en veranderinge aangebring, veral ten opsigte van negatiwiteit. Hy’t my ook geleer wat dit vat en kos om die meeste van drama te maak. Hy’t al sy kennis en wysheid met ons kom deel. Voorwaar ’n waardige en ondersteunende mens! ’n Man wat ons harte van die eerste oogopslag kom steel het.

Ook is ’n groep bymekaar gebring; ondanks ons foute en misverstande staan ons bymekaar, ondersteun ons mekaar en kyk ons uit vir mekaar se belange. Niks beter kon met elkeen van ons gebeur het nie. Ons as groep, met Uncle Anthony en die Kunsteforum, is ’n samehorende familiekring. Almal is daar vir mekaar. Nee, jong, dit kan ek werklik sê. Dit kan ek ook sê: dat die verhoog ons ingesluk het, van die moment af dat ons ons voete daarop gevestig het.

Ook weet ek hierdie produksie is nie net tydelik nie, dit is iets om aan vas te hou. Vir seker! Uncle Anthony, Auntie Karin, Auntie Priscilla en almal wat ons ondersteun het, het ons doeltreffende resultate laat lewer. Bravo aan elkeen van hulle. Hulle is voorwaar rolmodelle. Uit en uit! Auntie Priscilla, wat ons kom leer het hoe om konflik te vermy en toegewyd te wees aan mekaar as ’n groep. Uncle Anthony, Auntie Karin en al die ander wat ons gehelp het om ’n merkbare vordering van die produksie te maak. Alles om ’n sukses van ons lewens te maak. Ons weet nie altyd hoe om ons dank aan ander te wys nie, maar hierdie mense het ons ’n verskriklike groot guns kom bewys. Ja, hulle het hulself outdo. Perlemoen, My Ghoen is ’n uitblinker! Dis ’n ghoen wat outshine bo alle ghoene.

Aan die begin was ons almal skepties, maar met verloop van tyd het dit ons almal se grootste baby geword. A success through all practising and sacrifices. We are proud and grateful for what we have achieved so far. Die produksie het ons voete onder ons kom uitslaan. Dit is UITSTEKEND! Van die begin, middel tot die einde. Nou gaan ons vorentoe kyk om van die produksie ’n nog groter sukses te maak! Jippie, Hoeray! Vir Perlemoen, my Ghoen!


Nelmari Swart

My trip around “drama” in 3 months!

My eerste reaksie toe ek by die produksie betrokke raak, was: dit is maar seker net nog ’n gewone toneelstuk. Ek het op daardie stadium nie geweet wat vorentoe verwag word nie, en ek het ook nie geweet waarvoor ek myself inlaat nie. Ek was baie teruggetrokke en het nie veel te sê gehad nie. Soos die tyd verloop, het ek regtig, soos in REGTIG, baie geleer. Ek het toe stadig maar seker uit my dop begin kruip.

Wat die skryfwerk van opstelle, gedigte en daai tipe goed oor Hawston betref, het ek gedink: Is ons dan nou weer terug in die skool? Min te weet dat juis sulke dinge my meer kennis kan gee. Soos, byvoorbeeld, ek het nie geweet dat Hawston net drie duikers gehad het nie.

Ek het begin lief raak vir drama. Ek het nooit gedink dat ek so iets sal kan doen nie. Ek het alles geniet. Elke dag was vir my ’n uitdaging. Ek het al my medespelers beter leer ken en ook baie lief geraak vir hulle. Soms het ek baie kwaad geraak vir diegene wat laat kom. Ek voel al het ons as spelers ons ups and downs, het ons altyd saamgestaan. Uit die hele produksie het ek baie geleer.

Die lifeskills wat aangebied was, het groot dinge vir my kom wys. Maar ek is bly dat dit ’n groot sukses aan die einde van die dag was. Alles te danke aan een man, mnr Anthony Wilson. Ek dink as dit nie vir hom was wat altyd so geduldig met alles was nie, alles gevat het soos dit kom nie, sou die produksie ’n groot flop gewees het. Ek is veral baie dankbaar vir sy kennis wat hy met ons kom deel het. En dan is ek ook veral bly dat daar ander mense ook agter ons gestaan het, ons nooit verstoot het nie. Ek het ook baie lief geraak vir hulle, want was dit nie ook vir sekere mense soos Auntie Karin nie, sou dit ook nie ’n sukses gewees het nie. Ek dink ons gaan Perlemoen my Ghoen ver vat. Ek voel dit sommer so aan my water.

Al wat my pla is dat almal in die groep nie altyd hul beste voor sit nie. Ek wil hê dat ons in die toekoms mekaar moet respekteer en nie op ’n ander persoon neerkyk nie. Ek voel regtig trots op dit wat ons bereik het. Ek dink drama is vir my baie lekker want jy kan wees net wie jy wil, soos byvoorbeeld vandag ’n onderwyser, môre weer ’n dokter ensovoorts. So, dit is wonderlik om drama te doen.

Daar is tog een ding in die play wat my regtig pla. Die rol van die dogtertjie. Tog sal ek nie daai rol afgee nie!

Ek is veral bly dat so ’n produksie moontlik gemaak is sodat ander gemeenskappe ook die “storie van Hawston” kan sien. Ek dink DIT was vir my die groot uitdaging. Ek is aan almal my dank verskuldig. Die drie maande was nie maklik nie, die lig het baie keer vir ons as spelers doodgegaan, maar ons het aangehou en aan die einde toe brand die lig weer met ’n groot vlam. Ek is regtig trots op onsself en ook op die mense wat by ons gestaan het.

Perlemoen, my Ghoen: ’n Perlemoenstorie: Ek dink dit was DIE BESTE wat Hawston al ooit gehad het.


Helen Swartz

Die wonderlikste ding

Vir my is dit die wonderlikste ding wat in my lewe gebeur het. Ek het nie besef dat ek myself hierin sal laat nie. Maar ek het die kans gevat en ’n sukses daarvan gemaak. Hier is nog baie respek en dissipline nodig in ons groep. Ek wil vir die groep sê dit is baie lekker om saam met hulle te werk en ek is baie lief vir hulle. Die eerste drie maande was maar swaar, maar ons het aangehou en deurgedring tot waar ons vandag is. Dit is nou wel maar kort, maar laat dit goed gan.


Sherman Pharo

Very fulfilling

Before I came involved in the drama, I never thought I had the talent or discipline to become an actor. I have learned many things and it has made a better person of me. Mr Anthony Wilson has taught us many things about life and the finer things of acting. He has also taught me self-discipline and to believe in myself. The experience has been very fulfilling.


Evangeline Pharo

Die Ghoen in my lewe

Drama het ’n groot rol in my lewe kom speel. Dit het my selfvertroue gegee. Ek het van kleins af van Brakanjan gehou en skielik kan ek nou soos Brakanjan perform.

Ek hoop en vertrou dat ons span vir altyd saam gaan wees en dat ons net sal groei in alles wat ons doen. Mense soos Uncle Anthony en Auntie Karin het ons baie geleer. Ek was baie bly oor die kreatiewe skryfkursus, want ek het nooit gedink dat ek ’n storie kan skryf nie, maar ek het.

Al iets wat gepla het, was die afwesigheid van respek, maar Auntie Priscilla het ons geleer hoe om dit te hanteer.

Indien ek nie meer in die drama kan wees nie, sal ek altyd onthou wat ek geleer was, want dit is dinge wat jou persoonlikheid net beter en beter kan maak.

Drama is iets waaraan jy kan vasklou.

Ek sê dankie, ek bedoel eintlik ons sê dankie, aan almal.

7 Oktober 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.