Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gaan groot of gaan huis toe!

Persverklaring

Die Francois Toerien Show - Episode 4
Waar speel dit? in die Klein Libertas Teater in Stellenbosch
Speelvak: vanaf 2 tot 19 November 2005
Tyd: 20h15
Besprekings: skakel 021 883 8164 / 082 4977 933 of per e-pos: klt@adept.co.za

Die Francois Toerien ShowDie Francois Toerien Show het twee jaar gelede sy oorsprong in Stellenbosch gehad. Dit het ontstaan uit 'n behoefte om 'n kultuur van Afrikaanse sketskomedie in die lewe te roep. Ons word geïnspireer deur komediereekse soos Smack The Pony, Little Britain en A League of Gentlemen. Die humor is somtyds satiries, somtyds slapstick en somtyds net absurd. Die Francois Toerien Show wil vir almal wat voel dat die Afrikaanse komedie-aanbod op TV (en die verhoog) nie in hulle smaak val nie, 'n alternatief gee. Wie weet, miskien is ons tipe humor net die ding vir jou toestand!

In Die Francois Toerien Show - Episode 4 gesels ons onder andere oor verskeie soorte fetisje. Ons kyk bietjie na swak diens in supermarkte en daar is 'n opvolg van die "balkon"-skets met eiendomsagente onder die soeklig. Ons hoofskets speel dié keer in 'n vliegtuig af en die twee skooldogtertjies kom gesels verder - dié keer oor die lewe vir Graad 5'ies. In dié episode het ons ook besluit om videosketse in te sluit, so dié van julle wat nog nooit in 'n teater was nie, kan julle verbeel julle sit voor die TV!

The Argus het die volgende te sê gehad oor Episode 3 van Die Francois Toerien Show:

The actors are a psychotic bunch, all of them, but their comedic timing is of a genial sort.
Cape Times het ook van ons gehou:
It is not often that one gets to see madcap fun being done so tastefully on stage ... these are young actors and scriptwriters from whose mouths the Afrikaans drips like the juice of an overripe peach in the heart of summer ...
Die akteurs is Francois Toerien, Martelize Kolver, Altan Ungerer, Lorraine Burger en Esther von Waltsleben. Juanita Swanepoel behartig die spelleiding en die tekste is deur Francois Toerien en geselskap.

Die Francois Toerien Show - Episode 4 speel vanaf 2-19 November 2005 (Woensdag tot Saterdag) om 20h15 in die Klein Libertas Teater in Stellenbosch. Daar is afslag vir studente/skoliere en vir groepbesprekings. Dit is die ideale venue vir jou jaareindfunksie!

Vir navrae en besprekings skakel 021 883 8164 / 082 4977 933 of per e-pos: klt@adept.co.za.



LitNet: 15 November 2005

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.