Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pos as Senior lektor/Medeprofessor

Uitgereik deur die US se Departement Drama

Agtergrond
Die Departement Drama bied ’n reeks praktyk-georiënteerde voor- en nagraadse opleidingsprogramme in Drama- en Teaterstudie aan. Behalwe die verskeie modules wat fokus op die fisieke voorbereiding van die toneelspeler vir die eise van die verhoog, film en die elektroniese media, is die Departement ook sterk gefokus op navorsing en nagraadse opleiding. Die Departement is inderdaad een van die leidende teaternavorsingsinrigtings in die land en op die Afrika-kontinent.

Posbeskrywing
Senior lektor/Medeprofessor in Drama- en Teaterstudie aan die Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Pligte
Om as senior vennoot te dien in die beplanning, bestuur en aanbieding van die Departement se opleidings-, aanbiedings- en navorsingsprogramme op voor- en nagraadse vlak. Dit sluit ook in om, in samewerking met die res van die personeel, by te dra tot Departementele produksies en uitreikprogramme, studieleiding op nagraadse vlak te kan onderneem, en by te dra tot die Departement se navorsings- en kreatiewe uitsette. Van die aangewese kandidaat sal ook verwag word om op ’n rotasiebasis op te tree as voorsittter van die Departement Drama.

Vereistes
’n Doktorsgraad in ’n toepaslike spesialisasiegebied binne die vakgebied, praktiese doseerervaring, ’n mate van ervaring van studieleiding op nagraadse vlak en ’n aanvaarbare navorsingsrekord.

Aanbevelings
Kennis van en ervaring in ander aspekte van die uitvoerende kunste sal ’n sterk aanbeveling wees, sowel as akademiese bestuurservaring en ervaring as uitvoerende of skeppende kunstenaar.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2004 of so gou moontlik daarna
Sluitingsdatum: 17 Mei 2004
Navrae:
Prof Temple Hauptfleisch
E-pos: satj@sun.ac.za
Tel: (+27) 21 8083216



LitNet: 29 April 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.