Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaanses bly maar koeke

Margit Meyer-Rödenbeck

Vagina Monolgues
Met: Lara Bye
Regie: Nicole Levin

Hoe baie kan een mens nou eintlik te sê hê vir sy ‘‘koek”? Redelik baie, aangesien dit mos ’n taboe, onder-die-gordel-onderwerp is. Oor riskante onderwerpe soos geslagsdele, seks, masturbasie moet ’n mens maar in jou binnekamer met jouself praat om aanvaarbaar te wees vir ons Suid-Afrikaanse samelewing.

Wie nou eintlik besluit het waar die gordel moet sit, weet die Vader alleen, want vir somige instansies sit die gordel sommer hier bo by die das. Op Woensdag 16 Augustus het ek hierdie uitstekende eenvrou-vertoning bygewoon, maar moes tot my skok uitvind dat ek geen woord daaroor mag sprak nie, want die venue wil nie regtig gekoppel word aan iets so onchristeliks soos Vagina Monologues nie. Derhalwe los ek die venue se naam uit, en miskien ook maar beter so, want dis nie net die spesifieke venue wat hom skuldig maak aan belaglike vooroordele nie. Maar voor ek verder gaan met my tirade teen verkramptheid, eers iets oor die vertoning.

Voor die show begin, word die gehoor reeds betrek met ’n kort vraelys, wat jy invul en anoniem in ’n groot pienk doos steek. Drie vrae aan vroue en mans:

Indien jy ’n vagina sou hê:

  1. Wat sou jou vagina dra?
  2. Wat sou jou vagina sê?
  3. Waarna ruik jou vagina?

Voor die vertoning dus begin, word die gehoor reeds voorberei om nie te verskrik te wees wanneer die woord vagina links en regs oor die verhoog geslinger word nie. Soos die aktrise, Lara Bye, dan ook doen met die tot veertig benaminge van vagina, wat wissel van “pussycat” tot “koekie” tot “gwar”. Dan trek sy weg met die eerste van haar vele karakters, ’n ou vrou wat praat van “down there”, heel gepas vir die Afrikaanses wat ook maar sukkel om ’n ding op sy naam te noem. Hoekom???

Haar tweede karakter is ’n vrou wat ’n vaginawerksessie bywoon “to locate and to learn to love her vagina”. Verregaande, net in Amerika kan dit gebeur. En dan begin jy dink, hoekom net in Amerika, hoekom kan Suid-Afrikaanse vroue nie ook hul seksualiteit ontdek en geniet nie? Vir te lank is ons gelei deur die Calvinisme om eintlik maar te glo seks is “vuil”, ongeoorloof, daar vir die uitsluitlike doel van voortplanting.

Lara Bye laat dit maklik lyk om sewe karakters met verskillende aksente te vertolk. Selfs in die ernstige vertolkings word die gehoor gemaklik meegevoer, sodat niks geforseerd oorkom nie. ’n Hoogtepunt is beslis haar ontstellende vertolking van ’n vrou in Bosnië wat herhaaldelik verkrag is — emosieloos.

Twee jaar lank het die dramaturg Eve Enslin onderhoude met vroue in Amerika gevoer oor hul vaginas en toe die vroue eers begin praat, kon jy hulle nie keer nie. Terwyl ek na sewe van hul stories luister, voel ek saam met die karakter wat in ’n stadium sê “pussies unite”. Dis okay om ’n vagina te hê, dis okay om daaroor te praat. Ek dink in die Suid-Afrikaanse konteks sou ’n mens dit veel verder kon vat, dink maar aan sommige swart kulture waar HIV- besmette mans dink hulle word genees as hulle omgang met ’n maagd het.

Deur die loop van die toneelstuk kom ’n mens agter die vagina raak ’n simbool vir veel meer. ’n Simbool van seksualiteit, vroulikheid, liefde, aanvaarding en dan ook die anti-tese hiervan. Daarom dat dit vir my so hartseer is dat die intelligente vertolker in haar skets spottenderwys moet sê, “sorry ouens dis nie ’n stripshow wat julle vanaand bywoon nie”

Vrae kom beslis by ’n my op. Sou die produksie in Afrikaans gedoen kon word (sonder die etiket: kommen)? Sou ons die manne ’n beurt kon gee: Alleenspraak van ’n penis? Is Suid-Afrika, veral Afrikaanssprekendes, reg om die juk van “daaroor praat ’n mens mos nie” af te gooi?

Soos Amanda Strydom in ’n song (Hoor hoe brom die wind) sê: “Ek kan rock in my taal, ek maak amok in my taal, ek kan skok in my taal” ... maar kan ek praat in my taal?


CV: Margit Meyer-Rödenbeck

Margit Meyer-Rödenbeck is ’n vermaaklikheidkunstenaar, bekend vir haar karakter Dowwe Dolla, kletskampioen op Punt Geselsradio (tot en met Februarie 2000), seremoniemeester, stemkunstenaar en sommer enigiets wat binne die vermaaklikheidsbedryf val. Margit het haar opleiding by die Universiteit van Stellenbosch ontvang: B.A.-, Honneurs- en Meestersgraad in Drama.

Dowwe Dolla se tuisbladskakel is op De Aar, kyk net onder verhoogkunstenaars.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.