Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Madame: Ontraam staar terug na Mona

Met: Frieda van den Heever
Regie: Adriaan Botha.


Die wêreldbekende, alombeminde skildery, die Mona Lisa, is vanjaar in haar vyfhonderdste jaar. In die nuutgeskrewe kabaret Madame: Ontraam word daar dieper gedelf in die lewe van die vrou agter die beeld. Wat is die geheim van haar misterieuse glimlag? Is la dama in die raam werklik so onskuldig soos sy skyn te wees, of berg sy ’n molshoop geraamtes in haar glaskas? Was sy dalk meer gefassineer deur die skilder Leonardo da Vinci as hy deur haar?

Dié eenvroukabaret speel op 29 en 30 Mei om 20h15 in die Klein Libertas-teater op Stellenbosch. Kaartjies is by die deur beskikbaar. Vir verdere navrae bel (021) 883 8164.

* * *

Skoon verlief op die dierasie

Skoonlief en die Ondier is eersdaags in die HB Thom-teater op Stellebosch. Gaerin Hauptfleisch staan pa vir die teks en regie van Skoonlief, wat van 20 tot 31 Mei deur die Maties se Drama-departement opgevoer word. Die teks is ’n op en wakker verwerking van die bekende sprokie.

Soos in die sprokie, raak Skoonlief dolverlief op die lelikerd, en bevry hom op dié wyse van die booswigtige heks se getoor en getjommel. Met Hauptfleisch se opklits van die sprokie loop sake gou deurmekruis. Hier is ’n twintig stuks energieke studente-akteurs op die verhoog, met musiek- (rumoer-?) instrumente van elke soort. Ook horingsvol kwinkslae om vermaak te verskaf aan almal van vyf tot stokhoringoud.

Skoonlief en die Ondier word opgevoer van 20 tot 24 Mei, en dan weer van 27 tot 31 Mei. Dit begin elke weeksdag om 15h30, en Saterdae om 10h30. Vir navrae of besprekings skakel (021) 808 3216.

* * *

Greek tragedy in the HB Thom Theatre in Stellenbosch

The Stellenbosch Drama Department presents Antigone by French playwright Jean Anouilh. Anouilh based his Antigone on the eponymous Greek tragedy by Sophocles. Director Ranza Skordis remains true to the spirit of the original text, but sets the play in a post-apocalyptic society, where survival of the fittest is the rule. The character of King Creon is portrayed by a woman - this is intended to highlight the human issues in the play; the language is colloquial to make the play more accessible to audiences.

The role of Antigone is played by Vicky Davis, winner of last year’s Fleur du Cap theatre prize for the most promising student.

Antigone is being performed from 21 to 24 May, and again from 27 to 31 May, at 20h15. Tickets are R25; R15 concessions. For enquiries or bookings phone (021) 808 3216.

* * *

PDU is queen of more than just the desert

Pieter-Dirk Uys has just completed tours of Australia and the United Kingdom.

In April he toured the Land Down Under with his new show An audience with an African Queen in April, performing in Perth, Melbourne, Adelaide, Brisbane and Sydney.

In the United Kingdom he performed first at queerupnorth, a queer arts festival. Established in 1992, queerupnorth was the UK’s first queer arts festival and took form as a sense of excitement was emerging around queer culture in Manchester in the early nineties.

After several other engagements he finished off his tour with a performance as part of the Brighton Festival on Sunday 18 May.

* * *

Volksbladfees het stewige toneelaanbod

Die Volksblad-kunstefees vind van 9 tot 12 Julie in Bloemfontein plaas. Besoek hulle webwerf by http://www.volksbladfees.co.za.

Wat drama betref, is Raaiselkind (Annelie Botes se verhaal oor ’n outistiese kind, met Marthinus Basson as regisseur) die ankerproduksie. Dan is daar Lindie Stander se skreeusnaakse stand-up-stuk Man-alleen; ook Mattewis en Meraai deur die UV-dramadepartement, Klarabelle gaan Kaap toe en Margit Meyer-Rödenbeck as Dowwe Dolla in Jong Dames Dinamiet. Isadora Verwey en Anna-Mart van der Merwe speel in AS van Straten se vlymskerp Pendoring Edms. Bpk.

* * *

Kat en sy trawante tierelier weer ...

Kat and the Kings, David Kramer en Taliep Petersen se alieskop-musiekblyspel, open weer Desembermaand in Londen se bekende Tricycle-teater. Die speelvak loop van 10 Desember vanjaar tot 8 Februarie 2004.

Die Tricycle het ’n sterk verbintenis met teater uit die ontwikkelende wêreld, en teater wat met eietydse sosiale vraagstukke soos rassisme omgaan. Etlike Suid-Afrikaanse kunstenaars, onder wie ook die duo Ellis Pearson en Bheki Mkwane, het al daar opgetree.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.