Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Teater vir die verwaarloosde sintuie

As jy blind is, hoe weet jy waar om jou sigaret te ash?

Met Vicky Davis, Deon van Zyl, Tertius Kapp, Hannami van der Merwe, Anneke Senekal
Tegniese versorging deur Lindy Downing
Hidden Cellar, Dorpstraat, Stellenbosch
Tot Saterdag 29 Augustus 2003.

Cor Scholtz

As jy blind is, hoe weet jy wanneer om jou sigaret te ash word beskryf as ’n stuk performance art, en as ’n sensoriese eksperiment. Dit herinner jou daaraan dat die visuele ’n mens se belewenis van die werklikheid so oorheers dat die ervarings van die vier ander sintuie mens dikwels ontglip. Daar is al gesê dat selfs in ’n gesprek tussen mense die waarneming van die ander persoon se lyftaal eintlik harder praat as die woorde wat geuiter word. Die eksperiment van hierdie stuk is om doelbewus hierdie hegemonie van die visuele te ondermyn.

Die gehoor (dalk bietjie van ’n misnomer dan?) in Hidden Cellar sit elk met ’n bier en ’n sigaret rondom tafels en gesels en word kort voor die aanvang van die vertoning geblinddoek en vriendelik versoek om asseblief tog nie te koekeloer nie. (Terloops, die vraag wat die titel stel, is eensklaps tydens die blinddoekritueel beantwoord toe almal in die lokaal ophou rook. Wie sit nou en rook met ’n blinddoek? Is daar blindes wat rook? Rook blindes ooit in die teater?)

Die res van die ongeveer een uur lange produksie is ’n soort multimediavertoning met toneelspel, klankgrepe uit Suid-Afrikaanse radio- en TV-argiewe, ’n nekmassering wat tien sekondes duur, ’n blokkie Cadbury’s sjokolade, en het ek my verbeel dat daar op ’n kol ’n walmpie lentegeur-lugverfrisser te bespeur was?

Hoewel die stuk as geheel geen duidelike verhaallyn het nie, is die Afrikaner die sentrale tema. Dis veral met die gebruik van uittreksels uit toesprake van politici uit die ou Suid-Afrika, en die toneel waarin ’n troep in die grensoorlog vir sy meisie skryf, dat hierdie periode in Suid-Afrika se geskiedenis op ’n knap manier in die verbeelding tot werklikheid gebring word.

Vir comic relief word hierdie ernstiger oomblikke onderbreek deur snitte uit ’n kassetopname van Wat seuns/meisies wil weet waarin die Afrikanerjeug gewaarsku is teen die euwels van voorhuwelikse seks en selfbevlekking. Veral die tannie op die kasset se ongemaklike uitspraak van die Latynse terminologie het die gehoor geamuseer.

Die pogings om al die sintuie by hierdie stuk te betrek kan ongelukkig nie heeltemal slaag nie, omdat die skrywer, akteurs en tegniese versorger aangewese is op die gehoorsin om enige koherensie aan die stuk te gee. Die gebruik van aanraking, smaak en geure dien net as ’n herinnering van hoe min mens gewoonlik ingestel is op die prikkels wat deur hierdie sintuie ingeneem word.

As jy blind is bied ’n ongewone en oorspronklike blik (!) op die Afrikaner-psige vanuit die perspektief van ’n span jong kunstenaars vir wie apartheid, die grensoorlog en kerklike sensuur eerder onlangse geskiedenis is as werklikheid wat eerstehands gesien, gehoor, gevoel, geruik en geproe is.

8 September 2003


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.