Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Black and Blue, 'n klein juweeltjie

Ingrid Lehmensich

Black and Blue
Teks en regie: Helen Iskander en James Cunningham
Spelers: Sylvaine Strike en Danny-Boy Mooi
Plek: Liberty Theatre On The Square, Johannesburg

Black and Blue is 'n klein juweeltjie wat niemand durf misloop nie.

Nadat mevrou Swart 'n groot terugslag beleef het, het sy nooit weer die moed gehad om haar blou huis te verlaat nie. Sy het net daar, binne-in haar huis gebly, in totale eensaamheid met net haar teepot en haar klok.

Totdat Jackson Siboiboi op 'n dag aan haar voordeur kom klop het.

Die getroude paartjie Helen Iskander en James Cunningham van Fresco Teater vertel dat Sylvaine Strike (saam met wie hulle al voorheen gewerk het in Baobabs Don't Grow There) hulle genader het om saam met haar en Danny-Boy Mooi 'n toneelstuk aanmekaar te sit. "Ek het ses weke vir hierdie stuk - is julle beskikbaar?" het sy hulle gevra.

"Genadiglik wás ons, en ons het aan die werk gespring," het Helen gesê.

"Ons het 'n titel gehad, 'n paar beelde, Sylvaine se blougeklede karakter, en twee fenomenale akteurs. Ons het nie 'n idee gehad wat sou uitbroei as ons dit alles bymekaar sou gooi nie, maar na 'n paar weke van baie en intensiewe improvisasies het daar meteens 'n besonderse wêreld oopgegaan, 'n wêreld van fenomenale oomblikke, 'n stuk teater wat geskreeu het van eensaamheid, seer, healing, wonderwerke, en hoop, deur dit wat ongesê gebly het."

Black and Blue het so goed gevaar dat die Baxter se sale uitverkoop was. Sylvaine (ook die sexy stem van Cell C) het die Naledi-toekenning gewen vir Beste Vrou in Komedie vir haar spel as mevrou Swart in Black and Blue.

Die koerant-kritte was ook mal daaroor. Darryl Accone van Cue het die volgende gesê: "Strike and Mooi display economy, comic timing and an admirably filmic aesthetic. In the simple tale they unfold lie volumes of humanity."

En Peter Tromp van die Cape Times kon dit nie beter gestel het nie: "Strike captures ones heart with her quiet performance ... Mooi is a revelation to watch ... I can think of no other way to describe this production than as a little masterpiece."

Nou ja, daar het julle dit. Gaan kyk dit.



LitNet: 06 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.