Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Barbershop

Ingrid Lehmensich

Geskryf deur: Bafana Makhado en Thabo Xaba
Rolverdeling: Thabo Xaba, Gift Sithole, Themba Skhosana, Bonginkosi Masango
Regie: Jonathan Timm
Ontwerpers: Jonathan Timm en Nomvula Molepo
Verhoogbestuurder: Motlalepule Makhate
Mark Teater, 12 November tot 19 Desember.

Barbershop is 'n kostelike en unieke stukkie lekkerny vir almal om aan te knibbel.

Hierdie toneelstuk gaan oor 'n haarkapper, Baba ka Dennis (Thabo Xaba), wat sy vrou en kind agterlaat iewers in die platteland om meer geld in die stad te gaan maak. In die Goudstad aangekom, beland hy in allerhande komiese situasies met verskeie kleurvolle karakters.

Wat hierdie verhoogstuk so uniek maak, is dat daar skaars drie woorde gepraat word, en eerder gebruik gemaak word van mimiek en fluit (whistle). (Fluit word, so tussen hakies, verkeerd gespel op die program, maar ek het die publisiteitskantoor laat weet, en nog niks gehoor nie. Vluit is seker dan maar hoe die Zoeloes/Xhosas/of wie ook al fluit spel.)

Ewenwel, hierdie kommunikasiestyl van fluit/vluit het sy ontstaan gehad net voor die 1994-verkiesings, toe daar groot geweld tussen die hostel-inwoners in Katlehong losgeruk het. Lede van die weerstandeenhede in Kathlehong het toe van 'n reeks komplekse fluitkodes gebruik gemaak om met mekaar te kan kommunikeer. Die gefluit het daarna al hoe meer bekend geraak as "township-taal" en nie lank na '95 nie is die Whistlers of Art teatergroep gebore.

Skrywers Bafana Makhado en Thabo Xaba, wat ook lede van die weerstandeenhede was, sê Barbershop was eers net 'n skets gewees wat hulle saam geskryf het terwyl hulle net weer hulle lewens aan mekaar moes lap na wat in Katlehong gebeur het.

"We had also lost out on schooling," onthou Makhado. "We used to sit and watch the original Baba ka Dennis setting up his barbershop and we dreamed up this show."

Regisseur Jonathan Timm sê Barbershop is 'n bewys dat wanneer jy 'n plan maak, en dit dan navolg, drome bewaarheid kan word.

"I thank the Market Theatre for the support they have given to this strange comedy."

Barbershop is 'n verfrissende en ongekunstelde komedie. As ek 'n punt kon toeken, sou ek dit sowaar 10 punte gee. Of vluite.


16 Days of Activism Against Violence Against Women and Children LitNet: 3 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.