Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Aarde klop gou weer

Marguerite Robinson van die Aardklop-bestuur beantwoord Jean Meiring se vrae oor vanjaar se fees

JM   Die hoeveelste Aardklop is dit?
MR   Die sewende.

JM   Het julle sterk gegroei oor die afgelope klompie jare? Gaan dit goed?
MR   Verlede jaar het die kaartjieverkope die sterkste gestaan ooit. Vir vanjaar is die aantal produksies ietwat ingeperk, en omdat die vakansiedag nie in die fees val nie, het ons uit die staanspoor vir 'n afname in die aantal kaartjies begroot.

JM   Wat is die algemene peil van jul teateraanbod? Laat ek dit so stel: Verlede jaar, as ek dit nie mis het nie, was daar 'n vertaling van 'n Ray Cooney-klug op die verhoog. By 'n kunstefees? Hoe werk dit nou weer?
MR   Daar is vanjaar weer een: My boetie se sussie se ou. Dit werk volgens 'n baie eenvoudige beginsel: 'n bewese wegholtreffer teen 'n billike begroting wat jou die ruimte bied om 'n paar risiko's te loop. Ons begroot vir 'n verlies op die program in geheel, maar jy moet steeds die verlies in toom hou. Vanjaar se toneelaanbod wissel van die klassieke (Oom Wanja) en die eietydse (Eet alles) tot 'n toekomsblik wat in 'n skrootwerf afspeel (Skroothonde). Met heelwat tussenin.

Terwyl dit vir my verblydend is dat Oom Wanja uitstekend ondersteun word, breek dit my hart dat van die nuwe produksies swaar trek. Natuurlik maak mense keuses volgens hul voorkeure en smake, maar my pleidooi is altyd: waag een kans, vat een sprong, dalk word jy net weggeblaas.

JM   En die herrie wat vanjaar om die hoof van die heer Mylne gebreek het? Vertel ons asseblief die binnenshuise skinder hieroor. Sappig en spattig?
MR   Oi. Oor Poppie: Aanvanklik is daar onderhandel oor 'n koproduksie, maar omdat dit nêrens in ons omliggende gebied vir skole voorgeskryf is nie, het ons besluit om dit eerder as 'n tweede speelvak te neem. Henry Mylne het dit self onttrek.

Oor Plofstof: Met 'n begroting van oor die R100 000 vir 'n tweede speelvak vir 'n kleiner rolverdeling was dit eenvoudig nie lewensvatbaar nie. Die skinder? Wil jy hoor dat ek en Martie Meiring, direksielid betrokke by program, soos kat en hond baklei? Ons het al lekker van mekaar verskil, maar nou het ons uitgevind dat ons volgens ons DNS dieselfde moederstamlyn het. Wat anders kan jy van familie verwag?

JM   Wat is jou Top 10-lys by vanjaar se fees?
MR   Gesien:

Maria de Buenos Aires (het dit al drie keer gesien)
Baobabs Don't Grow Here ('n juweel)
De Nieuwe Snaar (uitstekende kombinasie van komedie en musiek)
Sontonga Quartet (ek dink die kêrels is uitsonderlik)
Oom Wanja (sagte plek vir Tsjechof, en André Stolz se nuwe vertaling is pragtig).

Nie gesien nie - my waagstukke:

Eet alles (die fenomeen interesseer my geweldig: wat het van die alternatiewe-Afrikaner-groupies geword - het suburbia hulle totaal ingesluk?)
Swartskaap (die teks is lekker af, dit is nie polities korrek nie, dit is snaaks en keer weer terug na wat kabaret vroeër was)
Impala Indaba: Groot Geraas met Fokofpolisiekar (het hulle cd en het al hul "jeugsangbundel" gesien, maar helaas nog nie die voorreg gehad om hulle live te beleef nie)
The World in Rhythm (van die klassieke tot Afrika met die marimba as die kerninstrument)
Gogo's Groove (kwaito in gesprek met musiek van Sophiatown uit die jare 50 en 60 en Aardklop se eerste musiekspel in Tswana, Xhosa en Engels).

JM   Wat moet die mense maar eerder vermy?
MR   'n Babelas.

JM   En die toekoms? Rosig? Vertel tog meer.
MR   Die feeste word meer, die gehore kieskeuriger. Binne hierdie groter feesmark sal 'n mens jouself baie duidelik moet posisioneer en strategies te werk moet gaan. Rosig? Ek het oneindig baie passie, maar ek is nou nie heeltemal Pollyanna nie. Om jaar na jaar geld te gaan soek vir die fees is nie 'n grap nie, en as die fees op 2 Oktober verby is, is dit weer Giep van Zyl, feesbestuurder, se voorland. Om volgende jaar vir vyf dae weer so te maak. Dit is waansinnig. Jy doen dit omdat jy onwrikbaar in teater glo, om sin te maak uit die chaos. Vir daai ervarings wat jou laat sê: Yes, yes, yes!

JM   En 'n laaste woord?
MR   Hoe dan nou? Kry die joernaliste nie die laaste woord in nie? Ek sal dit afstaan aan die kunstenaars op die verhoog: dat hulle kuns vir hulle spreek - op welke manier ook al.



LitNet: 27 September 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.