Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Aardklop 2004: Spertyd vir produksies hierdie week!

Uitgereik deur Aardklop

Aansoekers vir vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees word herinner dat daar nog net tot die einde van hierdie week oor is vir inskrywings — die sluitingsdatum is Vrydag 30 April, 2004. Die fees word vanjaar vanaf Dinsdag 28 September tot Saterdag 2 Oktober in Potchefstroom aangebied.

Aardklop het reeds ’n paar produksies in samewerking met ander instellings bevestig. Hieronder tel die veelbesproke tango-operette Maria de Buenos Aires, wat onlangs by die KKNK vier Kanna-toekennings ontvang het. Maria de Buenos Aires was ’n Aardklop-inisiatief in samewerking met Oude Libertas Amfiteater, die KKNK en die Grahamstad Nasionale Kunstefees. Ander produksies sluit in Die Swerfjare van Poppie Nongena wat direk ná die Suidoosterfees na Aardklop kom, asook die klassieke teaterstuk, Oom Wanja, ’n koproduksie saam met die KKNK en die Baxterteater.

Kunstenaars kan vir twee kategorieë aansoek doen: opdrag- of loketproduksies. Met opdragproduksies betaal die feeskantoor ’n vasgestelde bedrag, maar Aardklop vorder die deurgeld. Met loketproduksies dra die kunstenaars hul eie onkoste, terwyl ’n hoë persentasie van die loket in hul eie sakke beland. Aansoekers op die loketfees kan vanjaar verwag om ’n persentasiedelingsooreenkoms met Aardklop te sluit.

Opdrag- en loketproduksies word gelyktydig bekend gemaak en besprekings vir albei open op dieselfde dag. Sodoende verkry alle produksies dieselfde blootstellingsgeleenthede.

Aansoekvorms vir voornemende deelnemers kan by Marijke Greeff by (018) 294-7509 of via die e-posadres admin@aardklop.co.za aangevra word. Dit is ook beskikbaar op die webwerf by www.aardklop.co.za.

Die publiek word ook daarop gewys dat besprekings vir akkommodasie op 3 Mei open. E-pos na verblyf@aardklop.co.za, of bel (018) 294-7508.



LitNet: 29 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.