Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Laat jou stem hoor oor taal op TV


Die onlangse jaarvergadering van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch is volgens beriggewing beskryf as ’n “oorwinning vir Afrikaans”. Maar meer as dit wil ons dit graag sien as ’n oorwinning vir redelikheid en nugterheid tov die vreedsame naasbestaan van verskillende tale in Suid-Afrika. En veral dat ons besig is om ten minste op universiteitsvlak die wanpersepsies, vooroordele en emosies wat soos ’n albatros om die nek van Afrikaans hang, af te skud.

Op die vlak van die Openbare Diensuitsaaier, die SAUK, en meer spesifiek televisie, het ons nog steeds te make met die persepsie dat Suid-Afrika slegs een “ankertaal” en “taal van aspirasie” het - altans geoordeel aan die dominansie van Engels, selfs gedurende spitstye op al drie kanale. Die kern van die probleem is ’n onvermoë of onwilligheid om die elektroniese tegnologie, kundigheid en ervaring só te gebruik dat daar op die vlak van die uitsaaiwese aan al ons tale en kulture reg kan geskied.

In ooreenstemming met die SAUK se eie taalbeleid en die Grondwetlike bepalings ivm taalregte, het Tabema by herhaling al logiese en praktiese voorstelle vir die gelykberegtiging van tale op televisie voorgelê. Die jongste was soos vervat in Tabema en die Taalsekretariaat se voorlegging aan die Portefeuljekomitee vir Kommunikasie in ons kritiek op die konsepuitsaaiwetsontwerp op 18 September (te sien op LitNet).

Die Taalsekretariaat en Tabema is uitgenooi om ’n Taalwerkswinkel, gereël deur die SAUK-Raad, op 29 November by te woon. Volgens die uitnodiging sal daar benewens “lesse geleer ivm die implementering van die taalbeleid”, ook op “sleutelprioriteit-fokusareas wat krities is vir die implementering van die taalbeleid”, gelet word.

Hiermee wil ons veral lesers betrokke by taalbevordering en by die uitsaaiwese uitnooi om, nav u ervaring, aan ons praktiese voorstelle te stuur oor hoe die SAUK-TV nie slegs Afrikaans nie, maar ook die ander inheemse tale, ’n volwaardige venster en tydgleuf op TV kan besorg. Stuur asb u kommentaar en voorstelle nie later nie as Woensdag 27 November na taal@linguasek.co.za, of faks dit na 021-8872710.

Ons het nog geloof in volgehoue redelikheid en meer gekoördineerde optrede ivm al ons tale in Suid-Afrika.

Prof JB (Koos) du Toit, Tabema
Dr Gerrit Brand, Taalsekretariaat

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.