Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

US: Universiteitsraadsverkiesing: Verklaring deur kandidate

Prof Hermann Giliomee; Prof Lina Spies; Prof H Christo Viljoen


Stellenbosch
28 Februarie 2006

Geagte Konvokasielid

U is ‘n gegradueerde van die Universiteit Stellenbosch, of ‘n gepensioneerde akademiese personeellid. Daarom is u lid van die Konvokasie. As Konvokasielid is u daarop geregtig om vir verteenwoordigers van die Konvokasie op die Raad te stem. ‘n Verkiesing vir drie verteenwoordigers van die Konvokasie op die Universiteitsraad vind tussen 28 Februarie en 20 Maart tot 16:00 plaas.

U het in November 2005 u steun gegee vir ‘n mosie oor die behoud van Afrikaans as basiese onderrigtaal aan die US, voorgestel deur prof Hermann Giliomee en geamendeer deur prof Christo Viljoen, wat met ‘n oorweldigende meerderheid deur die Konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch aanvaar is. U alma mater het weer u steun nodig, hierdie keer vir die verkiesing van drie lede van die Universiteitsraad.

Anders as wat met die vorige US-Raadsverkiesings die geval was, word geen amptelike briewe met stembriewe aan elke lid van die Konvokasie gepos nie. Die stembrief verskyn net op Dinsdag 28 Februarie as ‘n advertensie in ses dagblaaie. Dit is ook op die webwerf van die Universiteit beskikbaar, waar u elektronies kan stem.

Vir elektroniese stembriewe, gaan na http://www.sun.ac.za. Aan die regterkant verskyn twee rooi balkies gemerk “Raadsverkiesing: Konvokasie” en “Raadsverkiesing: Donateurs” onderskeidelik. Klik op “Raadsverkiesing: Konvokasie”. ‘n Stembrief sal verskyn, wat ook verkry kan word deur direk te klik op http://web-apps.sun.ac.za/VoteWeb/app/C_Form_Afr.jsp?lang=afr&CorD=C. Maak u kruisie by die drie kandidate van u keuse nadat u hulle CV’s en visiestellings bestudeer het. Vul u persoonlike besonderhede onder in. Klik op die knoppie “Bevestig stem” onderaan, wat vir terugsending voorsiening maak. U het nou klaar gestem. E-pos-stembriewe hoef nie onderteken te word nie.

As u per gewone stembrief stem, knip dit uit die koerant uit of gebruik ‘n fotostaatkopie. Stuur dit per landpos of per faks terug na die adresse wat op die stembrief verskaf word.

Sommige Konvokasielede kan ook as Donateurlede stem. Ons vra u steun vir mnr Jacko Maree, prokureur en oudparlementslid.

Hierdie verkiesing handel oor ‘n belangrike saak: die toekoms van die inklusiewe onderrig in Afrikaans op Stellenbosch. Die gebruik van Afrikaans aan die US het die afgelope drie jaar aansienlik afgeneem. Alle nagraadse onderrig is tans in Engels; in bepaalde fakulteite en studierigtings word ook voorgraads net in Engels onderrig, en drie fakulteite het reeds hulle
Afrikaanse voorgraadse onderrig met 50% afgeskaal deur die aanvaarding van die T-opsie wat in teorie vir ‘n 50-50-gebruik van Afrikaans en Engels voorsiening maak. In die praktyk kom die 50% Afrikaans nie tot sy reg nie.

By geleentheid van twee Konvokasievergaderings (14 November 2002 en 11 November 2005) het die Konvokasie hom met ‘n oorweldigende meerderheid uitgespreek ten gunste van die posisionering van Stellenbosch as ‘n inklusiewe Afrikaanse universiteit wat meertaligheid akkommodeer en bevorder. Vir die eerste keer het Konvokasielede wat nie hierdie vergaderings kon bywoon nie, die geleentheid om hulle oor die saak uit te spreek.

Die verkiesing handel daarom oor ‘n sleutelvraag: Moet Afrikaans ‘n volwaardige inklusiewe rol op Stellenbosch speel, of moet hy tevrede wees om tot ‘n toenemend minderwaardige rol gemarginaliseer te word?

Daar is drie kandidate wat ‘n rekord van diens aan die US en Afrikaans se hoër funksies het. Deur vir hulle te stem, kan u help om te werk vir ‘n volwaardige inklusiewe plek vir Afrikaans op Stellenbosch in volle samewerking met alle ander ter sake tale en alle groepe mense, uit welke deel van die wêreld ook al.

Al drie kandidate het ‘n trotse rekord van dienslewering aan Afrikaans:

· Lina Spies is emeritus professor in Afrikaanse Letterkunde en ’n Afrikaanse digter.
· Hermann Giliomee is die skrywer van etlike boeke in Afrikaans, waaronder Die Afrikaners.
· Christo Viljoen is die skrywer van die eerste Afrikaanse universiteitshandboek in Elektronika in 1971, en skrywer van die Kuberwoordeboek wat eersdaags by Protea Uitgewers verskyn.

Ns: Lees gerus ook dr Leopold Scholtz se insiggewende artikel by: http://www.news24.com/Beeld/Rubrieke/0,,3-66_1885910,00.html en ‘n leser se reaksie daarop by http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1888800,00.html.

STEM VIR: Prof Hermann Giliomee; Prof Lina Spies; Prof H Christo Viljoen.

Belê in ‘n toekoms van Afrikaans as openbare taal en kwaliteitonderrig aan US.

Uitgereik deur die drie kandidate.




LitNet: 07 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie brief? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.