Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA rugby in die straeunt

Blou Bul Braampie

Ek merk dis deesdae nie polities korrek om die Springbokspan te kritiseer nie. Verlede naweek het die rugbyskrywers hulle lywe pryssangers gehou. Die oorwinning was klaar bestel en in die sakkie, toegeknoop en reg om gevier te word. Met Franse sjampanje op die koop toe. Toe die Bokke se wiele afkom, het die spul die foute doodgeswyg.

Die feit dat die Hane nog nooit tevore in Marseilles verloor het nie, was vir Straeuli se troepe net ’n lastige stukkie statistiek wat uit die weg geruim moes word.

Wel, dit was toe nie so maklik nie. Die woelige Franse vories het ons makro-osse moeg geploeg en die nuwe Napoleon, Fabien Galthie, het agter die Franse skrum woer-woer met ons gespeel.

Na die helse pak slae het die Bokke se kommunikasieman, Keohane, sy lyf spindokter gehou. Die volk het lastige trane uit die oë gevee toe Straeuli en/of Krige hulle so mooi om verskoning vra oor die groot verloor. Jimmy Swaggart kon nie beter nie. Die Bokke was opreg jammer. Gelukkig het die volk verstaan. Teen R90 000 per speler per wedstryd kan ’n mens seker nie meer verwag nie, of hoe?

Die volle waarheid wat die rugbyskrywers nie met die volk deel nie, is dat die Bokke diep in die straeunt is. Ek het in verlede week se rubriek al uitgewys dat daar ernstige gebreke in die Bokspan is. Die voorry en die probleem met lynstaanballe is uitgewys - dit is op rekord. Toe ek nog boonop sien die Bokke bly in ’n “golf resort”, toe weet ek hier kom bollie. En dit was so. Die klomp jong spelers se oog was op die vlaggie en nie op die bal nie, en nou is Springbokrugby diep in die ruveld.

Die besluit van Straeuli om nie op die Franse se bal te spring nie, is seker die tweede grootste taktiese fout in die geskiedenis van Springbok-rugby. (Die grootste was natuurlik die besluit om Gerrie Sonnekus op skrumskakel in die derde toets teen die ‘74-Leeus te laat speel. Van daardie Leeus gepraat: die vrotsige vertoning van Saterdag vergelyk goed met die tweede en derde toetse teen daardie Leeuspan.)

So wat nou? Die Bokke sal seker maar die Skotte vermorsel. Die rugbyskrywers sal ons dan seker weer vertel dat die Bokke nou weer op die wenpad is en dat die oë van die wêreld nou weer op SA rugby is. Wel, die ondersteuners wat dit glo, sal net een week van euforie hê, want op Twickenham gaan die poppe dans. Die Ingelse is stert in die lug ná hulle mooi oorwinning teen die verswakte All Blacks en hulle gaan nie die kans laat verbygaan om die klomp verlepte Boertjies te boelie nie.

Ek sien ’n paar rugbyspelers van weleer blameer nou die swak gehalte van Curriebeker-rugby vir die Bokke se vrot vertoning. Die bitter smaak oor die Bulle se onverwagte oorwinning wil seker maar nie uit die monde wyk nie. Vir diegene wil ek net sê daar is geen manier wat 15 gemotiveerde Bulle verlede Saterdag met 20 punte teen daardie Franse sou verloor het nie.

My raad aan Dolfman is om vir Matfield en vir Dries Scholtz in te vlieg. As Joost ook kan kom help, kan hy dalk net die Ingelse ’n poets bak. Oor Krige se kapteinskap moet daar ernstige vrae gevra word. Sy onvermoë om taktiek op die veld te verander plaas sy leierskapsvermoëns onder ernstige verdenking.

Interessantheidshalwe gee ek ’n Springbokspan wat na my mening die Franse Saterdagaand sou geklop het.

15. Ricardo Loubser
14. Stefan Terblanche
13. Dries Scholtz
12. Marius Joubert
11. Daryl Coeries
10. Derek Hougaard
9. Joost van der Westhuizen
1. Os Durandt
2. Danie Coetzee
3. Deon Carstens
4. Victor Matfield
5. Boela du Plooy
6. Warren Britz
7. Johan Wasserman
8. Joe van Niekerk.

Die baan is oop vir kommentaar.

Ns: ’n Springbokafrigter wat tien veranderinge aan ’n toetsspan maak, het nie die vaagste benul waarheen hy op pad is nie!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.