Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA sport steier


Blou Bul Braampie

Die skok van die driekuns van rugbynederlae het nog skaars gaan lę, of die vrouehokkiespan maak ewe groot skandes in hulle Węreldbeker. Selfs met die superster Pietie Coetzee in hulle geledere kry die hokkiebokkies nie die bal in hulle opponente se net nie en ryg hulle die nulle in. Dalk is die kritici reg dat ons ou landjie met al sy regstellende kaperjolle nie meer onder die bestes in węreldsport gereken kan word nie.

Verlede naweek se Coca Colabeker-sokkereindstryd het weer in ’n bottelgooiery ontaard. Met dié tipe gedrag kan ’n mens nie regtig verwag om ’n ernstige aanspraakmaker op die aanbieding van ’n Węreldbekertoernooi te wees nie, maar met so ’n minister kan ’n mens seker nie beter verwag nie. Pleks van om teen die ondersteuners van Kaizer Chiefs op te tree, sal die agbare Minister seker weer kolonialisme of apartheid vir die bottelgooiery en barbaarse gedrag blameer. Ek wens president Mbeki wil vir ons ’n waardige sportminister vir Kersfees gee, sodat ons ook die węreld in die oë kan kyk met volgende jaar se Węreldbekerkrieket-toernooi. Dan hoef die Balfour-kęrel nie te kyk hoe Jacques Kallis en die ander wit gesiggies krieket speel nie.

Op die krieketfront het ons darem die ongemotiveerde klomp Sri Lankane die loef afgesteek, maar ons gebrek aan ’n middelorde staan steeds soos ’n seer duim uit. Met volgende jaar se Węreldbeker vlak om die draai kan ’n mens nie anders as om te wonder of die Proteas hulle tuisveldvoordeel gaan benut en die beker huis toe gaan bring nie.

Die aankondiging van die finale dertig het ernstige vrae laat ontstaan oor die weglating van die spelers van die Ooste. Die Ooste het nie net die WP in die Curriebekerfinaal platgeloop nie, maar speel ook kookwaterkrieket in die dag/aand-reeks. Spelers soos Zander de Bruyn en André Seymour het elke boulaanval in die land opgekerf. Nietemin is daar nie plek vir hulle in die uitsoekgroep nie, terwyl ’n onderpresteerder soos Justin Ontong stewig in die saal bly. Hoeveel kanse gaan Ontong nog kry en ten koste van watter talentvolle ander spelers? ’n Ander vraag is of die spelers van die Ooste moet boet vir die uitsprake van hulle voortvarende dog uiters suksesvolle afrigter, Ray Jennings. Jennings maak ’n gewoonte daarvan om die sportbase verkeerd op te vryf — en hy is selde verkeerd. Kom ons hoop die keurders sien die lig en gee De Bruyn en sy makkers hulle regmatige kans.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.