Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Springbokspan

Blou Bul Braampie


Die Supertwaalf se semifinale vind die naweek plaas. Al wat vir die Suid-Afrikaanse spanne oorgebly het, is om hulle wonde te lek en hulle geld te tel. Nogal ’n winsgewende spulletjie vir ’n klompie spelers wat weinig uitgerig het. Hoewel die Bulls se sesde plek soos manna uit die hemel uit voel vir my en ’n menigte ander Bulls-ondersteuners, is dit nog glad nie die son, maan en sterre nie.

Rudy Joubert het hierdie week hard probeer om die oordeelsfout van die Bulls om nie vir die gelykopuitslag teen die Stormers te gaan nie, toe te smeer. Die ou verskoning van “rugby is nie ’n eksakte wetenskap nie” is deur Joubert uit konteks uit gebruik. Die feit van die saak is dat die twee punte wat die Bulls vir ’n gelykopuitslag kon gekry het, hulle pas na die semifinaal kon gewees het. Die afrigter en die waarnemende kaptein moes sekerlik die moontlikheid van ’n gelykopuitslag voor die wedstryd bespreek het. Of het hulle dalk nie? Wie sal weet. Die gebrek aan professionele beplanning in Suid-Afrikaanse sport is sekerlik nie ’n nuutjie nie. Matfield en Joubert het byvoorbeeld nie die Duckworth-Lewis-formule nodig gehad om uit te werk dat twee ligapunte vir ’n gelykopuitslag meer werd is as een bonuspunt vir ’n nederlaag met minder as sewe punte nie.

Die agbare Springbok-afrigter, Rudolf Strooihalm, het in die media sy tevredenheid uitgespreek met die ryke talentoes waaruit hy die Springbokspan vir die res van die seisoen kan kies. Dit lyk my die skille het nog nie van sy oë afgeval nie. Die boodskap na die Supertwaalfreeks is kristalhelder: ons spelers is nie opgewasse vir die moordende reeks nie. Dit impliseer dat hulle onder normale omstandighede ook nie die druk van die Drie Nasies-reeks sal kan vat nie.

Hoekom sê ek “normale omstandighede”? Wel, vanjaar is ’n Wêreldbekerjaar en dit beteken dat daar ander taktiese nuanses bykom.

Ek dink nie dat enige van die Australasiese spanne sommer ’n wedstryd in die Drie Nasies sal gooi nie. Die Nieu-Seelandse toeskouers sal dit in die eerste plek nie duld nie en die Aussies is te uitgeslape om sommer te verloor. Aan die ander kant sal beide hierdie spanne genoodsaak wees om te eksperimenteer. Die All Blacks sal byvoorbeeld moet kyk of Andrew Mehrtens op heelagter moet inskuif om plek te maak vir Carlos Spencer wat homself vanjaar bewys het as die wêreld se opwindendste losskakel. Daarteenoor sal die Wallabies weer moet vasstel watter senters fiks sal wees wanneer hulle met die verdediging van hulle wêreldkroon begin. In hulle geval is tussen tien en twaalf van die posisies in hulle begin-vyftiental reeds gevul. Daarteenoor lyk ons posisie maar broos.

Die agbare Strooihalm babbel die laaste twee maande onophoudelik — soos ’n ma wat haar kind se eerste Bulletjie-rugbywedstryd bywoon. Dalk moet iemand vir hom sê om liewer niks te sê as hy niks te sê het nie. Van nou af moet hy alles doen met die oog op die Wêreldbeker.

Die belangrikste is om die spelers aan die speel te hou. Om nou 45 spelers af te sonder vir die Wêreldbeker klink nie vir my lekker nie. In die gloriedae van Noord-Transvaal-rugby het die spelers Woensdae moordende klubrugby gespeel en Saterdag vir die Bulle oorlog toe gegaan. Toegegee, rugby het ’n bietjie anders gelyk, maar die stampe en stote was beslis nie minder nie. Hoe kan ’n speler wat vir vyf maande raakrugby gespeel het en teen duiksakke geoefen het, nou skielik ’n geoliede All Black-stormloop stuit? Nee, die spelers moet speel vir ’n plek in die Wêreldbekerspan en die Curriebeker is uitstekend geskik daarvoor.

My Springbokspan teen die Skotte sal bestaan uit die spelers wat die mas opgekom het in die Supertwaalf. Met net een kwotaspeler in die span en Joost as kaptein lyk my span so: Jaco van der Westhuyzen, Stefan Terblanche, André Snyman, Marius Joubert, Wylie Human, Werner Greeff, Joost van der Westhuyzen, Pedri Wannenburg, Hendrik Gerber, Wikus van Heerden, Victor Matfield, Geo Cronjé, Cobus Visagie, Danie Coetzee, Christo Bezuidenhout.

Hulle lyk weer na Springbokke, of hoe?


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.