Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Closure

Marcus Low

Vier jaar gelede het Frankryk vir Brasilië 3-1 verslaan in die Wêreldbeker-eindstryd. Dié nederlaag is deur baie toegeskryf aan Ronaldo se swak vertoning. Volgens gerugte het hy ’n soort “stresaanval” gekry die dag voor die wedstryd. Wat presies gebeur het, weet net ’n paar mense. Hierdie jaar was Ronaldo se twee doele in die eindstryd dus ook ’n tipe closure op die Parys-episode.

Min sal sê dat Brasilië nie die beker verdien het nie. Hulle het ál sewe hul wedstryde gewen en altesaam 18 doele aangeteken. Nietemin het hulle aanvanklik gesukkel teen die Duitsers. Ná die aanslag van die eerste 25 minute afgeweer is, het die Brasiliërs egter kans ná kans geskep. Dit is ironies dat ’n fout van die beste doelwagter in die toernooi, Oliver Kahn, tot die eerste doel gelei het. Daarna was daar geen pad terug vir die Duitsers nie.

Op een vlak was die Wêreldbeker die verhaal van Ronaldo se comeback. Saam het hy en sy spanmaats die spoke van 1998 diep begrawe. Maar Brasilië se oorwinning is ook ’n oorwinning vir hul geloof in die “beautiful game” teenoor die Duitse beginsels van “efficiency”.

Die toernooi sal ook onthou word vir die talryke opskuddings. Beide Frankryk en Argentinië kon nie eers die tweede ronde maak nie. Aan die ander kant het Turkye, Senegal en Suid-Korea alle verwagtings oortref. Veral Senegal se oorwinnings oor Frankryk en Swede sal lank onthou word.

Oor die Koreane wil ek nie te veel sê nie. Italië teken ’n doel aan in “golden goal”-ekstra tyd. Maar die lynregter se vlaggie is in die lug. Die kyk-weer wys dat daar niks fout was met die doel nie. Twintig minute later word Italië uitgeskakel. ’n Paar dae later tref Korea dieselfde gelukkie teen Spanje.

Ek sal nie so ver gaan om te praat van ’n conspiracy nie, maar swak beslissings het sekerlik ’n groot rol gespeel in die verloop van ’n Wêreldbeker waar ’n enkele doel telkemale deurslaggewend was. Ek hoop regtig FIFA doen iets aan die saak.

Maar injustice aside — toe Ronaldo se tweede doel verby Kahn vlieg, was dit alles gerelativeer. En ’n halfuur later, toe die Brasilianers feesvier en met trane in hul oë die trofee omstuur, fokus die kamera op Ronaldo. Hy soen dit, hy lig dit op. ’n Fairy-tale, ’n metafisiese moment — closure.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.