Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

En daar was twee

Marcus Low

Ná al die opskuddings en onvoorspelbaarheid is vastigheid eindelik weer herstel in die sokkerwêreld. Nie Korea, Turkye of Senegal nie, maar die twee mees suksesvolle spanne in Wêreldbeker-geskiedenis gaan dit uitspook om die titel “wêreldkampioene”. Brasilië het reeds vier maal, en Duitsland drie maal, die beker verower.

Die eindstryd beloof om fassinerend te wees. Brasilië se flambojante aanvallende spel behoort ’n skerp kontras te vorm met die Duitsers se goed-georganiseerde verdediging.

Duitsland se oorwinning van 1-0 teen Korea was hul derde 1-0-uitslag in ’n ry. Hulle sterkpunt is duidelik verdediging. Wat die Duitse aanval betref, word daar hewig op Michael Ballack gesteun. Ballack, wat die wendoel teen Korea aangeteken het, gaan egter die eindstryd mis weens die twee geel kaarte wat hy ontvang het.

Brasilië se oorwinning teen Turkye was een van die mees aanskoulike wedstryde van die toernooi. Hoewel dié “samba-konings” net een doel kon aanteken, het hulle talryke kanse geskep voor die Turkse doelhok. Die vraag is egter of Ronaldo, Rivaldo en Ronaldinho skerp genoeg gaan wees om die Duitse verdediging te laat les opsê.

Die druk in ’n Wêreldbeker-eindstryd is so groot as wat dit kom. Vier jaar gelede het ’n sterk Brasiliaanse span gevou teen die Franse. Ronaldo en kie sal graag wil regmaak wat in Parys verkeerd gegaan het. Hoewel die spelers van beide spanne op die hoogste vlak klubsokker speel, is dit tog anders om vir jou land uit te draf. Hier gaan dit nie om geld nie, maar trots.

Amper ’n maand ná die afskop tussen Frankryk en Senegal staan ons op die vooraand van die Wêreldbeker-finaal. Daar is nie ’n “bigger stage” in sport nie. Vir twee ure gaan miljoene mense reg rondom die aarde kyk hoe twee-en-twintig spelers op ’n stuk gras in Japan agter ’n bal aanhardloop. It’s beautiful!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.