Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sukses en “failure”

Marcus Low

Sokker is ’n spel gedefinieer deur sy reëls. Net so word die Wêreldbeker ook gedefinieer deur vaste, tydelik absolute maatreëls. Hierdeur word ’n raamwerk geskep waarin ongeveer twee honderd lande spanne kan inskryf en hul vordering kan reguleer.

Maar ten spyte van al hierdie gereguleerdheid, gaan al die advertering, persdekking, voorspellings, ens uiteindelik maar oor “geluk” of die hop van ’n bal. Die Bafana teken vyf doele aan en staan vyf af in die toernooi, Paraguay ses en ses. Só dun is die lyn tussen sukses en teleurstelling.

Om 3-2 teen Spanje te verloor, was nie ’n swak uitslag nie. Behalwe vir die onsekere spel van André Arendse in die doelhok, het al die Bafana-spelers beïndruk. (In retrospek is dit eerder in die voorafgaande wedstryde waar ons dalk kon beter gevaar het.)

Slowenië was halftyd 1-0 voor teen Paraguay, en het ’n speler meer op die veld gehad. As die Oos-Europeërs net kon kopgehou het, was ons deur. Maar nee, hulle het ineengevou soos ’n pak kaarte. Paraguay se tien spelers het die nodige doel aangeteken, en ons was uit.

Dieselfde tipe drama het hom in groep F afgespeel. Argentinië het hul wedstryd oorheers teen Swede, en veel mooier sokker gespeel. Met die telling op 1-1 het hulle slegs een doel gekort om deur te gaan. Maar die doel het nie gekom nie, en nog een van die gunstelinge is huis toe. As hulle die een doel kon aangeteken het, voel ek hulle sou kon aangegaan het om die toernooi te wen. Maar die wonderwerke van Argentinië se 1986-span onder leiding van die legendariese Diego Maradona gaan nie herhaal word nie.

Die ander gunsteling wat die kaf moes kou, is Frankryk. Maar in hul geval kan die noodlot nie blameer word nie. Hulle het eenvoudig net nie die “eye of the tiger” gehad nie.

So, die twee spanne wat ek as gunstelinge geïdentifiseer het, is reeds huis toe. Ek voel enige verdere voorspellings sal dwaas wees. Die onpeilbare kontingensie van die postmoderne wêreld is ook op die sokkerveld teenwoordig.

Tussen al die onsekerhede lyk dit tog of daar ’n patroon begin deurskemer: dat aantreklike sokker omgekeerd eweredig is aan geluk. Die Argentyne, Nigerië en Bafana Bafana moes almal die hoogste prys betaal.

As ons hierdie waarneming op ons voorspellings toepas, is die gevolge skrikwekkend. Wat in hierdie geval begin deurskemer, is die spottende bleek gesig van David Beckham ... Die gevolge is bloot te verskriklik om te oorweeg. Bid maar dat Brasilië of dalk Italië die nagmerrie sal voorkom.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.