Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Macbeth en ’n bietjie “good Fortune”


Marcus Low

Ongeveer in die middel van William Shakespeare se Macbeth begin die karakter se stelselmatige verval na malheid … Die Bafana Bafana se wedstryd teen Paraguay was ook ’n verhaal van twee helftes, maar in dié geval het Macbeth (Sibaya) kopgehou. Behalwe vir Sibaya se vroeë aanval (“Is this a goalpost I see before me?”) het die Suid-Afrikaners egter maar wankelrig gelyk. Die verdediging was onseker en in die middelveld het ons telkens besit weggegee.

Watter betoog Sono ook al halftyd gelewer het, dit het gewerk. In die tweede helfte het die span met nuwe oortuiging gespeel. Macbeth se goeie werk, saam met dié van Fortune, Zuma en Nzama het kans ná kans geskep.

Ek moet erken dat ek op 2-0 nie meer veel hoop gehad het nie. Die “comeback” was egter uitstekend. Alle krediet aan Quinton Fortune wat onder groot druk die doelskop weggebêre het. Paraguay is ’n sterk span, en die uitslag is beter as was dit op die oog af lyk.

“What’s done is done”, en die Bafana moet nou vorentoe kyk na Saterdag se wedstryd teen Slowenië. As ons dié wedstryd wen, sal ons waarskynlik tot die tweede ronde deurdring. Dit sal egter nie maklik gaan nie. Hoewel Slowenië 3-1 teen Spanje verloor het, het hulle gewys dat hulle ’n hardwerkende en goed-georganiseerde span is.

Sover het die meeste van die ander wedstryde redelik na verwagting verloop, behalwe natuurlik vir Frankryk se skok-nederlaag teen Senegal. Van die befaamde Franse passie was daar min te sien. Dié wêreld- en Europese kampioene het gespeel soos ’n klomp arrogante rykmanskinders. Die nederlaag uit die hand van Bouba Diop se doel was dan ook nie onverdiend nie.

In groep E het Duitsland 8-0 teen die Saudi’s gewen, maar die Saudi’s, nou ja, was so georganiseerd soos my laerskoolrugbyspan.

Die Argentyne het baie sterk gelyk in hul 1-0-oorwinning teen Nigerië. Hulle speel positiewe, aanvallende sokker, en lyk alreeds na moontlike wenners. Kyk gerus uit vir die wedstryd tussen Argentinië en Engeland op Vrydag die sesde.

Die Engelse was gelukkig om 1-1 teen Swede gelykop te speel. Owen en vriende is dalk goed, maar hulle arrogansie maak my nietemin naar. (Beckham en sy “fiendlike wife” is ’n opdryfsel van ’n siek Britse verbruikerspopkultuur.) “When the battle’s lost and won”, sal dit hopelik een van die ander spanne wees wat die troon bestyg.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.