Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA Rugbybase is naïef

Blou Bul Braampie

Net toe dit die afgelope naweek lyk of SA rugby nie van die planke af gaan opstaan nie, toe wiks die Bulls die Reds op Loftus. Die Bulls se skittervertoning is deur niemand anders as die “ou man”, Joost van der Westhuizen, gedirigeer nie. Met Joost terug as kaptein het die Bulls-voorspelers weer onder die kombers gebly, en dit was die Reds se ondergang. Sonder die giftige Chris Latham op heelagter het die besoekers maar flou gelyk. Dit was veral die vleuel Ben Tune, wat 46 toetse op sy kerfstok het, wat lusteloos gelyk het. Sonder die nodige chemiese aansporingsmiddels lyk hy maar doodgewoon. Dalk moet hy maar ’n paar oppomp-pilletjies vir Shane Warne se ma gaan vra.

In die Bulls-kamp was dit nie net die ou meester wat goed gelyk het nie. Geo Cronjé lyk elke week beter. Hy is nie net as speler van die wedstryd aangewys nie, maar kan nie ver van die Bokspan vir die Wêreldbeker af wees nie. Jaco van der Westhuyzen en Danie Coetzee het ook uitmuntend gelyk. Moenie hierdie twee buiteperde weggooi nie.

Die Sharks het net hulself te blameer vir hulle slae teen die Crusaders. Hulle onvermoë om die telbord aan die rol te hou toe die tuisspan, danksy twee geel kaarte, vir 20 minute net 14 man op die veld gehad het, het hulle duur te staan gekom. Nietemin het Richie McCaw en Sam Broomhall uitmuntend gespeel en aan die besoekers gewys waaroor die vaste los nou werklik gaan.

Kevin Putt het nietemin baie om oor te glimlag. Luke Watson lyk na ’n baie goeie belegging vir die toekoms, terwyl Craig Davidson besig is om sy vorm te herwin. Met dié oorwinning lyk dit asof Putt se span darem vanjaar die Houtlepel gespaar gaan bly.

Oor die Cats en die Stormers kan ’n mens net wonder. Die Cats is getrou aan tradisie besig om groot skandes te maak. Baie individue, onder wie Skinstad en Bobo, het ook die geleentheid aangegryp om naam weg te gooi. Bobo, wat blykbaar ’n lid is van Straeuli se kerngroep vir die Wêreldbeker, se verdagte verdediging is weer eens aan die kaak gestel. Die Tong blink ook net uit met die televisie-onderhoude.

Die arme Stormers is nou so deur beserings uitgedun dat ’n mens skaars die name op die spanlys herken. Op die koop toe is selfs die Stormers se ondersteuners besig om goor te raak met die span. Ek blameer nie die afrigters nie. Daar kan geen sprake van strategie en taktiek wees as elke tweede oefening met ’n kenmekaar begin nie.

Die kersie op die naweek se koek was die mooi oorwinning van die O/19-Bokkies in Frankryk. Dit was ’n demonstrasie in vegtersinstink soos wat ons lank laas gesien het. Geluk aan die jongelinge!

Die oorwinning het ongelukkig weer bewys hoe naïef is ons rugbybase. Om nou ná die oorwinning van die Bababokkies te gaan sê dat ’n golf van optimisme spoel oor SA rugby, is snert. Ons Supertwaalfspanne het ses maande voor die Wêreldbeker ’n skandalige vertoning gelewer. Die enigste tekens van ’n professionele benadering is die spelers se bankstate. Die terugkeer van Joost verlede naweek was wel ’n ligpunt. Dit verdien ongelukkig nie die ophef wat daarvan gemaak is nie. Van der Westhuizen kan enige oomblik weer seerkry. Krige is op die krukkelys en Skinstad is sleg uit vorm uit. Matfield, wat aanvanklik na ’n moontlike opvolger gelyk het, het die kapteinstoets in vanjaar se Supertwaalf met vlieënde vaandels gedop. As ek die agbare Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm, was, begin ek dadelik om ’n alternatiewe kaptein of twee te identifiseer. Hy mag dalk ’n maand voor die Wêreldbekertoernooi agterkom sy span is leierloos.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.