Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Supertwaalf: Dik Dolf, die Pop Idol en die Goue Kallers

Blou Bul Braampie

Die Supertwaalf het die naweek met ’n verbysterende spoed begin. Marius Goosen, die versoolde Stormers heelagter, alias Lazarus, het toe sy kritici, van wie ek voor in die koor was, stil gespeel, en dit nogal op losskakel. Om die waarheid te sê, ek was so stil soos ’n Protea-krieketondersteuner na sy mooi drie. Geluk Marius! Terloops, ek dink Marius was ongelukkig om nie die Man van die Wedstryd-toekenning met Bolla Conradie te deel nie.

Wat die Bulle betref, wil ek reeds in hierdie vroeë stadium van die seisoen versoek dat hulle aan die einde van 2002 geslag moet word. Dit is sinneloos om twee spanne te hê wie se hoofkwartiere 60 km van mekaar is. Skep iets soos die Noordelike Katte of die Goue Kallers (hoewel dit dalk bietjie onbybels mag klink) en maak Bloemfontein die hoofkwartier van die vierde span. En drop sommer die idee van ’n vyfde span ,want ons spelers is in elk geval nie opgewasse vir so ’n hoë roeping nie.

Moet net nie die nuwe span die Renegades noem nie, want niemand weet wat dit beteken nie. Hugh Bladen sal dink dis ’n energiedrankie wat hy na ’n Maak ’n Las-opname moet drink om sy tonnelvisie te laat weggaan. Hugh se nuwe kommentatorstreek is ouderdomsvergelykings. Hy maak sulke sinvolle berekenings soos dat Adriaan Jacobs agt jaar oud was toe James Dalton begin rugby speel het. Bladen moet miskien vir ons sê of James laat in sy leeftyd begin speel het en of Jacobs ouer lyk as wat hy is.

Die beste vertoning van die week het ongetwyfeld van die Stormers gekom. Hulle het weer eens bewys dat dit ’n mite is dat ’n span balbesit nodig het om ’n wedstryd te wen. Die Stormers is eintlik vir my gevaarliker as hulle nie balbesit uit die vaste fasette kry nie. Corne het sy span soos ’n moderne Moses in die beloofde land, oftewel die Haaie se kwartgebied, ingelei. Dan het Gaffie, soos ek voorspel het, wel gechoke en weer gechoke.

Dik Dolf, wat blykbaar ons nuwe Springbokafrigter gaan word, het soos ’n opblaashaai bly swel en dit was nie van trots nie. Kyk, as Dik Dolf nie met al daardie talent vir Groot Gert kan ondersit nie, dink ek ons moet maar die smal weg volg en weer die pos van Springbokafrigter adverteer. Groot Gert se wedstrydplan het boonop ook nog skipbreuk gely met die besering van Werner Greeff, maar die Stormers het weer bewys dat hulle ’n span is wat op hulle voete kan dink en die Haaie kan uitoorlê.

Beterweterige André Watson bly steeds ons hinderlikste skeidsregter. Hy probeer steeds te hard om snaaks te wees. Dit verklaar die klomp funny beslissings wat hy elke week gee. Die strafdrie wat hy die Stormers ontneem het, was sekerlik die swakste beslissing van die naweek.

Gcobani Bobo het, danksy vrot verdediging en Boetie Boeta se swak oordeel, drie keer op die gras agter die Bulle se pale gaan ontspan. Vir die Springbokkeurders het ek ’n duidelik boodskap. Basta manne. Kies nou dié Rasta.

Boeta Wessels het vinniger drieë afgestaan as wat die Proteas paaltjies op die Wanderers verloor het en Chris le Roux het gespeel soos ’n agsteman wat liewer op Pop Idol hoort. Heyneke Meyer is steeds besig om uit die Jerry Springer-handleiding vir nuweling-rugby-afrigters uit te leer.

So what’s new? Nie veel nie. Die Blou Nulle is weer op hulle pos onder aan die punteleer en die Stormers in verbysterende vorm. Die Haaie, wat nou moet gaan toer en volgende week teen die Brumbies speel, lyk of hulle dalk hierdie seisoen deur diep waters mag gaan. Hulle bly egter steeds my keuse vir ’n plek in die semifinaal.

Asof die skok van die Bulle nie genoeg vir my gestel was nie, het die krieketspan se Sonn ook toe ondergegaan. Die Proteas se kolwers beskik meesal net oor twee houe, naamlik ’n buiterand en ’n binnerand. Die uitsondering is Nicky Bojé wat net die buiterandhou het. Die binnerandhoue eindig gewoonlik met die bal wat teen die kolwer sy bypen te lande kom en die buiterandhoue in die hande van tweede glip. Dit het Sondagmiddag omtrent soos ’n outydse FAK-tablo gelyk soos die Aussie-glipveldwerkers sorgvry rondstrek om al die heerlike vangkanse agter die penne te benut. Op een stadium was daar vier glippe, twee gange, ’n byglip en ’n man in die slagysterposisie.

In die geheel gesien dink ek ons moet dit aan minister Balfour oorlaat om die span te kies en vir Ferdinand van Big Brother kry om die baanblad voor te berei. Hy ken ten minste mis as hy dit sien.

My slim vriend uit die Kaap kry hierdie week die kans om die voorspellings te maak.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.