Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Bokke kan Saterdag wen

Blou Bul Braampie

Rudolf Straeuli se venynige aanval op die rugbymedia wat gewaag het om hom en sy Bokspan voor die Wallaby-toets te kritiseer, het vir my as ’n groot verrassing gekom. Ek het nie besef die ou het sulke lang tone nie. Hoewel die Bokke by tye kookwater-rugby teen die siellose Wallabies gespeel het, was hulle vertonings in die vorige toetse maar broekskeur. Verwag Straeuli dat elke ou wat sy hand aan ’n woordprosesseerder waag, nou maar uit blindelingse lojaliteit die Bokke moet ophemel?

Die veggees van die Springbokke, tesame met Brent Russell se ondernemingsgees, was die ligpunte van die toets. Russell het my en die ander kritici wat gemeen het hy is te lig vir 80 minute se groot rugby, met mening verkeerd bewys. Indien hy Saterdag teen die All Blacks weer fisies die mas kan opkom, sal ek my woorde sluk. Tot tyd en wyl verkies ek hom in die rol van ’n impakspeler.

Die voorspelers was as ’n geheel goed, met Bakkies Botha op die voorpunt en Wikus van Heerden om die donkiewerk te doen. Die feit dat die Bokke se grafiek uiteindelik begin styg het, is ’n groot verligting. Dit voorspel moeilikheid vir die All Blacks, wat ook maar sukkel om hulle beste kombinasies te vind.

Vir die Springbokke om Saterdag voor ’n patriotiese Pretoriase skare te seëvier, sal hulle vir Carlos Spencer in toom moet hou. Spencer is die spil waarom alles draai.

Sou die Bokke daarop konsentreer om Brent Russell agterlangs te beskerm met vleuels wat terughang, kan dit hulle duur te staan kom. Teen die Wallabies het ons gesien dat ’n verdedigingspatroon meer behels as bloot een plettervatter. Dit neem nie die feit weg dat die skitterende plettervatte van De Wet Barry wondere verrig het om die Bokke se kwynende selfvertroue te herstel nie.

Ons mag egter nie vergeet dat die onsekere Wallabies steeds drie drieë teen twee gedruk het nie. Alles is nog nie pluis met ons verdediging nie en die uitgeslape Spencer weet dit. Boonop is ’n span wat op strafskoppe staat maak om te wen, ’n sagte teiken vir ’n moedswillige skeidsregter.

Die All Blacks se spankeuse pas die Bokke soos ’n handskoen. Met Steve Devine op skrumskakel stuur die All Blacks ’n duidelike boodskap dat hulle wyd gaan speel. Hoewel Devine ’n glibberige knaap is, vervul hy meesal net die rol van ’n vinnige skakel wanneer hy in groter geselskap is. ’n Sterk Springbokskrum en ’n vernuftige Joost van der Westhuizen hou sekerlik vir hom ’n groter bedreiging in as vir die robuuste Justin Marshall.

Die keuse van Ben Blair op heelagter is vir my nog ’n groter verrassing. Blair het my nog nooit beïndruk nie — ek dink nie hy het aan die verwagtinge voldoen wat hy aan die begin van sy loopbaan geskep het nie. Ek sou baie meer onrustig geslaap het as die avontuurlike Mils Muliaina teen ons sou opgedraf het.

In die geheel gesien dink ek die Bokke kan Saterdag wen, mits hulle deurentyd ’n gedissiplineerde verdedigingspatroon kan handhaaf. ’n Puik plettervatter soos Barry kan, soos verlede Saterdag, die gang van ’n wedstryd verander. Aan die ander kant is so ’n senter soos ’n tennisspeler wat net toe storm vir ’n vlughou: word hy geklop, is die vet in die vuur.

In die geheel gesien dink ek die Bokke sal Saterdag wen. Die wedstryd is een van ’n drie-in-’n-ry-reeks tussen die spanne, waarvan die derde waarskynlik die botsing in die kwarteindronde van die Wêreldbeker gaan wees. Juis om hierdie rede dink ek dat Saterdag se stryd ’n taktiese veldslag soos min sal wees. My geld is op Corné en Joost om die magtige All Blacks te uitoorlê.

17 Julie 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.