Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor rugby, sokker en rassiste ...

Kaapse Kuifie

Ondanks die perkelose vreugde wat dit verskaf, herinner sokker se huidige Wêreldbeker my dat ons maar eintlik nog ’n land van rassiste is. En in hierdie geval is daardie rassiste wit.

Ek voel dit aan eie boesem. Laat ek dit illustreer: Verlede Vrydagmiddag, voor die toernooi geopen word, bevind ek my in die Green Inn, ’n sjebien in die Kaapse township van Khayelitsha. Die tafels is gedek vir die groot dag en die eerste wedstryd: skaapafvalle prut in groot potte, die Castles knak en die manne gesels. Op die TV-stelle word daar hoogtepunte vertoon uit die rugby-Springbokke se Drie Nasies-oorwinning in 1998. Daar word gesug en koppe in ongeloof geskud oor die gehalte van die spel. Wanneer Bobby Skinstad se duikdrie teen die Wallabies vertoon word, tjeer die hele sjebien van voor af. Xhosa word gepraat, maar al woorde wat ek herken is “Teichmann”, “Honnibal” en “Rossouw”.

Dit is duidelik dat die Springbokke hier, in die swart, rokerige woonbuurte, aanbid word.

Terug in my deel van die stad hang ek maar, soos my gewoonte betaam, die afgelope week in ’n paar kroeë uit om die sokkerwedstryde op TV te kyk. Kenmerkend van waar daar wit Afrikaners is, word twee goed male sonder tal gehoor. Eerstens: sokker is ’n “kak game”, en selfs waar dit goed is, nie naastenby so “lekker soos rugby” nie. En dan gevolg deur die vervelige verhaal van hoe “die Springbok weer gaan opstaan”, bla, bla, bla.

Daarmee het ek immers nie ’n probleem nie, al is laasgenoemde stelling wensdenkery.

Wanneer die Suid-Afrikaanse sokkerspan egter genoem word, is hierdie selfde mense die eerstes om skielik as kenners van die spel te ontpop en te vertel hoe swak, power en nikswerd die “Ba-Fuckup-Ba-Fuckup” is. Dieselfde mense wat betraand op aandag staan wanneer die volkslied vir die Springbokke gespeel word, verlekker hulle in die feit dat ons sokkerspan waarskynlik nie ’n indruk in die Wêreldbekertoernooi sal maak nie.

Ek het een poephol met ’n Stormers-rugbytrui gesien swets toe Quintin Fortune laasweek die gelykmaker teen Paraguay aangeteken het.

Wat my betref, is hierdie verskynsel tekenend van ’n verdeelde en siek gemeenskap. Ek wed my laaste sikspens dat, sou die onwerklike gebeur en Suid-Afrika een jaar die Wêreldbeker wen, hierdie einste wit boere (die neerhalende term, hulle is niks anders nie) die eerstes sal wees om hul Duitse of Spaanse kennisse te herinner hoe “ons julle lekker op julle moer” gegee het.

Jammerste van als is dat hierdie houding kennelik meesal ingeneem word deur Afrikaanssprekendes, ondanks die feit dat die pers sy bes doen om goeie dekking aan die toernooi te gee.

Wat de hel gaan aan? Die ou cliché van dat sport ’n brugbouer is, geld uiteraard nie in alle kringe nie. En laat my wonder wie die werklike patriotte is.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.