Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Blindes skitter in die donker

A de Witt

Op Vrydag 30 Augustus het Boland Blinde Krieket hul eerste prysuitdeling gehad nadat beide die A-span en die ontwikkelingspan die nasionale titels verower het op vanjaar se Nasionale Blinde Kriekettoernooi. Die funksie is in die hartjie van die Breederiviervallei gehou, met die pragtige sneeubedekte berge om ’n suksesvolle seisoen af te rond.

Boland Blinde Krieket, wat sy ontstaan in Augustus 2000 met ongeveer dertien spelers gehad het, het vanjaar skoonskip op die Nasionale Blinde Kriekettoernooi gemaak toe beide die A-span en die ontwikkelingspan hul onderskeie ligas gewen het. Wat hiérdie prestasie so besonders maak, is dat ’n groot meerderheid van die ontwikkelingspanspelers skaars vier maande voor die toernooi aan ’n kolf gevat het en hard moes werk om hulself fiks en gereed te kry.

Tydens die prysuitdeling het Andrew Cyster, Boland Krieket, met lof en groot bewondering na die blinde krieketsterre se ywer en toegewydheid verwys. Buiten die feit dat hierdie spelers soms baie stremmende invloede het in terme van vervoerprobleme, finansiële tekorte, onvoldoende uitrustings en toerusting, bly hulle gemotiveerd en geesdriftig. Vyf merietetoekennings is deur Cyster aan Hilton Branders, Pieta le Roux, Gerhard Trollip, Jonathan Mbabane en Stephen Hibbert oorhandig vir hul puik spel tydens die 2001/2002-seisoen. Chris Liebenberg is aangewys as die speler van die seisoen en het selfs die nuwe Boland-afrigter, mnr Deon Muller, beïndruk met sy 119* teen die Northern Vikings. Wat hierdie lopiesyfer so merkwaardig maak, is dat Chris — wat gedeeltelik blind is en slegs tot op twee meter kan sien wat ’n siende op 60 meter sien — elke lopie self gehardloop het!

Kort nadat die pryse oorhandig is, is die hoofgereg in die donker bedien en is gaste “beboet” indien hulle ’n sigaretaansteker of selfoonliggie sou gebruik om te eet. ’n Hele paar gaste het die saal na ’n vuurvliegieskouspel laat lyk en het ’n voorsmakie gekry van die veiling wat net na ete plaasgevind het. Wicus van der Merwe was die seremoniemeester vir die aand en het met die hulp van Bertus Collyn (blind) die gaste op die punte van hul stoele gehad en die maagspiere goed laat oefening kry! Een ding is seker: as die Bolanders en die gemeenskap van die Breederiviervallei saamtrek en saamstaan, gebeur daar wonderwerke.

Boland Blinde Krieket wil graag almal bedank wat die sukses van die toernooi en aand moontlik gemaak het en ook ’n groot woord van dank aan die borge oordra. Oefeninge sal eersdaags in Worcester, Paarl, Stellenbosch en Brackenfell ’n aanvang neem. Indien daar enige belangstellendes is, kan hulle gerus vir Stephen Hibbert by 083 4698956 of vir Deon du Toit by 083 7828255 skakel vir verdere inligting.


A de Witt
Posbus 6033
UNIEDAL
STELLENBOSCH
7612
082 5177390

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.