Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nou moet die koppe rol

Blou Bul Braampie

Soos die meeste ander rugbyliefhebbers is ek sprakeloos. Wie sou kon dink dat die Bokke so ’n hulpelose vertoning sou lewer? Kom ons wees eerlik: die hoëspoed-agterlyn van die All Blacks het ’n groot bedreiging vir die Bokke ingehou, maar ons het darem gedink ons voorspelers sal hulle man kan staan. Ten spyte daarvan dat die All Blacks ’n afdag beleef het, kon ons klomp sukkelaars niks uitrig nie. Dink net wat kon gebeur het as Spencer en sy spanmaats beter afgerond het. ’n Puntetelling van oor die 50 was lag-lag binne hulle bereik.

Wat ons agbare Springbokafrigter Rudolf Strooihalm betref: ek dink sy dae is getel. Hy het self versoek dat hy op die span se Wêreldbekervertoning beoordeel moet word en dis wat ons sal doen. As hy enigiets tussen daardie paar blomkoolore het, sal hy self bedank, maar ek glo nie dis wat gaan gebeur nie. Selfs sonder sy reisende propagandis (Keohane) het hy na die wedstryd onmiddellik begin om mooi broodjies te bak. Benewens die gebruiklike beroep op kalmte, wat al van Twickenham af kom, het hy ’n nuwe uitkloplyn gehad: die Bokke het kwansuis baie harte gewen. Wel, wel. ’n Mens sou sweer hulle het aan die Wêreld-brugkampioenskappe deelgeneem.

Verder het Strooihalm, Krige en Joost sielvolle pleidooie gelewer om die span tog bymekaar te hou. Hulle sou dan nou die manne wees wat die volgende Wêreldbeker beslis gaan inpalm. Wat ’n klomp straeunt! Minstens die helfte van daardie Bokspan wat Suid-Afrika se naam teen die Ingelse en die All Blacks vergat het, sal sukkel om hulle plekke in die span te behou. Jorrie Muller, Faan Rautenbach, John Smit, Victor Matfield en Juan Smit was glad nie opgewasse vir die taak nie. Strooihalm skuld die volk ’n verduideliking hoekom hy vir Hougaard so lank in die koue gelos het. Hy sal ook redes moet verstrek hoekom hy aan die voorry gaan torring het nadat Bands en Coetzee die Engelse goed besig gehou het.

Strooihalm se verskonings is op. Hy kan nie die skuld vir die Bokke se vrot vertonings op die regstellende spelers pak nie, want hy het hulle nie gekies nie. Dis juis om hierdie rede dat ek dink sy doppie gaan klap! Ek hoop net as hy gepos word, word sy twee medekeurders, Wynand Claassens en Francois Davids, ook in die pad gesteek. Hulle was net so aandadig aan die gerondvallery met spankeuses soos Strooihalm.

Laaste maar nie die minste nie hoop ek dat die kop van Rian Oberholzer ook rol. Die meneertjie hou seker nog tot die Wêreldbekereindstryd heerlik vakansie in Australië. Toe hy na die Bokke se vernederende nederlaag gevra is oor die toekoms van SA rugby, het hy ewe wipgat opgemerk dat die Bokke se sukkelvertoning nie ’n issue is nie. Wel, glo jy dit maar, ou Rian, en geniet jou vakansie. Tuis wag die guillotine.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.