Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat Bill Clinton en Rudy Joubert gemeen het

Blou Bul Braampie

Die ooreenkomste tussen Bill Clinton en Rudy Joubert is merkwaardig. Eerstens is beide van hulle lief om moeilike vrae op perskonferensies te ontduik. Tweedens kan al twee blitsvinnig gat omswaai.

Wie kan Bill Clinton se ontkenning vergeet? “I did not have sexual relations with that girl.” Joubert op sy beurt weer: “Louis Koen bly deel van my beginspan. Louis het niks verkeerd gedoen nie. Ek sal hom nie vervang nie.”

Wel, die ontknoping van die Clinton-debakel is geskiedenis; die ontknoping van die Hougaardt-debakel egter nog nie. Joubert het in ’n dramatiese skuif besluit om Hougaardt Saterdag teen die legendariese Carlos Spencer in die Bulls se beginspan in te sluit. Hy ontken dat hy die jong speler vir die wolwe gooi. Ek het egter my bedenkinge oor sy motiewe. Net die tyd sal leer of die jongeling hierdie vuurproef sal weerstaan. Spencer is uitgeslape en geniepsig. Oorleef onse Derrick die veldslag, mag hy dalk net in die Wêreldbekerprentjie inglip.

Na die Stormers se meesterlike oorwinning teen die Bulls is my keuse vir ’n Wêreldbekerlosskakel Werner Greeff. Die nederige Kapenaar het alles om wêreldrugby se beste losskakels op hulle plek te sit. Onthou, die man wat die nommer 10-trui dra, gaan binne dertig dae met opponente soos Wilkenson, Larkham en Spencer/Mehrtens te doen kry. Die oorlewingsfaktor is grootwedstrydtemperament, en dit het Greeff.

Die Bulls kan binne die volgende drie seisoene daardie gesogte Supertwaalf-finaal haal, mits hulle die leemte in breinkrag in hulle geledere kan aanvul. Na die Stormers-wedstryd het ek die indruk gekry dat net dr Uli Schmidt werklik oor die lae spelpeil van die Bulls bekommerd is. Net Uli het sy kommer uitgespreek oor die vrotsige hantering van die Bulle. Al die ander rolspelers was besig om vir mekaar te vertel hoe ongelukkig die Bulls was om te verloor. Die swak hantering en die onophoudelike stroom oordeelsfoute is ’n herhalende tema. Die Bulls is skynbaar maar bereid om daarmee saam te leef.

Oor die aanwysing van Michael Katzenellenbogen vir die belangrike Bulls-Stormers-wedstryd kan ’n mens maar net die kop skud. Ek wil egter nie die ref blameer vir die Bulls se slae nie. Die halfdosyn strafskoppe wat die Stormers in die eerste helfte gekry het, het sekerlik gehelp om die Stormers in die wedstryd te hou, maar die Bulls kan net hulleself vir die foute blameer. Piet Crause moet sekerlik die voorloper in die reeks wees met die afstaan van strafskoppe, maar die Bulls-kamp wil nie leer nie. Wie nie wil hoor nie, moet voel.

Laastens is Tappe Henning van die internasionale paneel afgegooi oor die Nieu-Seelandse spanne skynbaar nie van sy blasery gehou het nie. Ek is nie ’n groot ondersteuner van Henning nie, maar daar is sekerlik ’n paar blasers wat heelwat swakker as hy is. Intussen gaan Stuart Dickinson se loopbaan van krag tot krag. Die Aussie is ’n struikrower met ’n fluitjie, maar niks word daaraan gedoen nie. Iets sê vir my Suid-Afrika se skeidsregtersbase geniet nie veel aansien in internasionale kringe nie — anders sou Dickinson se doppie sekerlik geklink gewees het.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.