Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As Jake en sy medekeurders hul ore vir politici uitleen ...

Blou Bul Braampie

Ek is stomgeslaan. Lawrence Sephaka op vaskop en Gert Smal wat dit oor die televisie verdedig. Ja-nee. Ou Gert. Nou begin daardie 75–14 ook vir my sin te maak. Ek wonder ook of die politikus wat vir Jake laat weet het om vir Lawrence te kies, die verskil tussen ‘n vaskop en ‘n loskop ken.

Dit moes tog verlede week duidelik gewees het dat Os nie met twee gemmerbroodmannetjies langs hom die Franse skrum kon aanvat nie. Boonop kom ‘n goeie skrum se woema gewoonlik van die slotte af – iets wat Victoria en Albertina selde verskaf.

Teen Uruguay kon die volk maar net giggel toe Joost so liries raak oor die Bokspan se mooi strukture. Dis duidelik dat die ou Blou Bul nou uit ‘n SARU-gesangeboek sing. Mooi strukture is natuurlik nie ‘n kuns as jy teen ‘n pampoenspan speel nie. Ek dink ook nie die Bokke se strukture wás so mooi nie. Al mooi struktuur wat ek vanjaar op TV gesien het, was Claudia Henkel.

Jaco van der Westhuyzen mag wel een van die beste losskakels in Japan wees, maar teen verdedigers wat hom in die oë kan kyk, kom hy nie die mas op nie. Ek is nie ten gunste daarvan om spelers uit posisie te speel nie. Om vir Jean de Villiers op losskakel te probeer is ‘n absurde voorstel. Vergeet daarvan! André Pretorius of Brent Russell moes in die tweede toets ‘n kans gekry het. Russell het ‘n paar keer briljant gelyk in die Supertwaalf. As daar egter nie binnekort iets met sy loopbaan gaan gebeur nie, gaan hy ook pad vat Europa toe. Morné Steyn is die man wat op meriete die nommer 10-trui in 2007 se Wêreldbeker behoort te dra.

Enrico January se keuse is net so ‘n groot waagstuk as dié van Sephaka. Met drie groot, robuuste losvoorspelers is die skrumskakel se taak tog om hierdie drie monsters te lanseer. January speel nie so nie. Hy is geneig om te veel op sy eie te probeer doen en weg van sy voorspelers af te speel. Dit is weer opmerklik hoe maklik Jake ‘n Blou Bul offer om sy regstellende doelwitte na te streef. Hoekom nie liewer vir Marius Joubert met Wayne Julies vervang nie?

Ek is ook nie heeltemal gelukkig met die losvoorspelers nie. Danie Rossouw kon vir die tweede toets liewer op die bank gewees het. ‘n Meer beweeglike speler soos Solly Tyibilika kon ‘n kans gekry het. Ek het nie ’n probleem met anderskleurige spelers nie, en selfs nie met ‘n kwota hier en daar nie, maar dan moet die keuses sin maak. Nie Eddie Andrews of Lawrence Sephaka kan as sinvolle keuses bestempel word nie. Dit dui net op een ding en dit is dat Jake en sy medekeurders hulle ore vir politici uitleen. (Ek dink die politici moet hulle eerder steur aan die vrot vertonings van Bafana Bafana en die rugbyspan sy eie ding laat doen. Ons sokkerspan se vrot vertoning teen Ghana het mens laat wonder of hulle nie in die geheim vir Rudolph Straeuli as hulpafrigter betrek het nie.)

Ek dink die Bokke gaan dit Saterdag maak. Die Franse is ‘n klomp paartiegatte wat die hele week nog lekker kuier. Ek dink hulle het klaar hulle punt bewys met die gelykopuitslag. Ek glo ook hulle gaan in PE meer ortodoks speel. Dit behoort in ons guns te tel. My voorspelling is dat ons met sowat nege punte gaan wen, mits ons verdedigingslyne stabiel is.

‘n Laat voetnota. Ek is verheug Derrick Hougaardt bly ‘n Blou Bul. Die talent wat hy op 19-jarige ouderdom gewys het, was baie spesiaal. Dit moet net weer geaktiveer word. Nou moet Geo ook nog net huis toe kom – dan is al die kallers op hok!



LitNet: 23 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.