Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maak of breek vir die Bulls

Blou Bul Braampie

Die Bulls se wedstryd hierdie naweek teen die Crusaders sal nie net bepaal of die Bulls nog verder ‘n faktor in die reeks gaan wees nie, dit sal ook uitspraak lewer oor Heyneke Meyer se toekoms as afrigter in die Superveertien volgende jaar. Kom die Bulls se wiele af, is dit ‘n uitgemaakte saak dat Meyer nie volgende jaar deel van die Bulls se beplanning sal wees nie.

Hoewel niemand verwag het dat Meyer reeds vanjaar die reeks met die Bulls sou wen nie, sou niemand kon dink dat sy span so treurig sou vertoon nie. Die wedstryd wat hulle teen die uitgedunde Brumbies op toer verloor het, het waarskynlik al klaar hulle doppie geklink. Die talentvolle Crusaders kan egter hierdie naweek die sneller trek.

Wat Meyer se mislukking nog meer onverklaarbaar maak, is die feit dat hy al deur die diepste waters van vernedering in die Supertwaalf is. Wanneer die reeks in sy huidige formaat tot ‘n einde kom, sal Meyer se naam verewig word as die een afrigter wie se span nie één wedstryd in ‘n bepaalde seisoen kon wen nie. Meyer het boonop die afgelope paar jaar ‘n ernstige persoonlike trauma beleef. Ek het geglo dat ‘n afrigter wat al soveel kere aan die verloorkant was, dubbel seker sou maak dat daar nie weer fout kom nie. En toe kom die slae teen die Katte.

Die Crusaders is ‘n geoliede wenmasjien. Danie Carter is tans die mees afgeronde losskakel in die reeks. Met Mauger langs hom, en die ou hand, Justin Marshall, om hom à la carte van goeie balle te voorsien, lyk dinge beroerd vir die onervare Bulls-agterlyn. Morné Steyn se insluiting in die plek van ‘n beseerde Derick Hougaard is nou wel met juigkrete deur Jake White begroet, maar ek vermoed sy krete was nie so luid soos die krete in die Crusaders se kamp nie. Met die wêreld se nommer een fetcher, Richie McCaw, om die losballe op te ruim en Chris Jack om Victor Matfield besig te hou, lyk die Bulls op sy beste maar tandloos. Jacque Cronjé en Fourie du Preez is die enigste twee Bulls wat tot dusver die seisoen na ware Bokmateriaal gelyk het. Dit lyk egter of die Crusaders meer as genoeg hekwagters op diens het om hulle van die doellyn af weg te hou. So dus seker maar weer ‘n geval van die opdatering van die voosgeblaaide verskoningskatalogus van die Bulls.

Die Stormers het in die verlede al hulle naam gat gemaak teen die Reds. Dié keer glo ek nie Gert Smal sal weer dieselfde foute herhaal nie. Die Kapenaars is op Nuweland ‘n perd van ‘n ander kleur en met die Reds se verdediging wat lol, dink ek Gert se troepe gaan hulle die tweede helfte laat les opsê.

Die Sharks en die Chiefs, wat die onderste helfte van die punteleer anker, behoort vir ‘n interessante stryd te sorg. Die Mac en Muir show het die Brumbies met ‘n uitgedunde span uitgehaal. Met Brent Russell en Henno Mentz om die versneller te trap dink ek die Sharks kan dalk vir nog ‘n goeie vertoning sorg, maar om die Chiefs tuis te klop sit nie in almal se broek nie. As die weer egter hou, kan die Sharks verras.

Sowel die Cats as die Blues is so onvoorspelbaar soos wat hulle talentvol is. Die Blues se onuitputlike kwota Suidseespelers lewer altyd onverwagse nuwe talent op. Dit lyk egter of hulle voorspelers vanjaar nie die mas opkom nie. Die Cats se verdediging lyk op papier vir my broos. Dit kan maklike punte vir die Blues beteken. Aan die ander kant kan niemand score sonder die ball nie. Ploeg die Cats voorlangs met die tuisspan, kan die Katte se geluk draai. Geluk is juis iets waarvan hulle nog min gesien het vanjaar.



LitNet: 7 April 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.