Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jake the Hake en sy vyftien sushi's se geluk kon nie hou

Blou Bul Braampie

Toe gebeur die glipsie wat niemand verwag het nie: Jake White maak die Iere so bedonnerd met sy onvanpaste opmerkings dat hulle ons reënboogtoeriste met die volle geweld van Ierse "gasvryheid" tref. Dit terwyl ons manne nog skaars van die sushi-tafel af opgestaan het.

Ek moet bely ek het die eerste keer onraad vermoed het toe Jake die Vrydag voor die toets die media in sy vertroue neem en vir hulle vertel dat die Bokke nog nooit 'n toets met hom as afrigter verloor het as hulle die Vrydagaand voor die toets sushi geëet het nie. Nou ja, dáár is 'n kunsie wat oorle oom Buurman misgekyk het.

Wel, dié keer het Jake the Hake en sy vyftien sushi's se geluk toe nie gehou nie. Ek het nie gedink hulle wiele sal so vroeg in die toer afkom nie. Aan die ander kant was die trietsige vertoning teen Wallis seker 'n gevaarteken wat ons almal probeer wegdink het.

Al het die meeste van skeidsregter Honiss se beslissings na vrot vis gestink, dink ek steeds nie hy behoort die blaam te kry vir die Bokke se nederlaag nie. Onthou, hy het nie die Bokke van 'n oorwinning beroof soos wat sommige media beweer het nie. Selfs al is die drie nie toegeken nie, sou die Bokke steeds met 'n gelykopuitslag tevrede moes gewees het. En al het die Iere net die bal uitgeskop en nie gedruk nie, was hulle hoogsgemotiveerde pak voorspelers nog steeds in 'n uitmuntende aanvallende posisie.

Wat my meer pla, is dat die Bokke bykans 60 minute gehad het om die ou drietjie reg te stel. Enige span met karakter sou nie op hom laat wag het om dié ou stukkie onreg met 'n paar dodelike aanvalle uit te wis nie, maar nie die Bokke nie. Vir my is die prentjie helder: hierdie Bokspan het nie karakter nie. As jy, liewe leser, die Franse se manjifieke vertoning teen die Wallabies gesien het, sal jy weet wat karakter beteken. Die Franse loop al die jare ook maar kwaai onder die skeidsregters deur, maar hulle antwoord die beslissings met sprankelende hardlooprugby. Dink ook maar terug aan vanjaar se Curriebekerfinaal, toe die Bulle die Vrystaat se eerste "twyfelagtige" drie met 20 punte in 16 minute geantwoord het. Drieë is mos maar die wisselkoers van die groot rugbyspanne en nie geel kaarte of verspeelde kanse nie.

Ek dink Schalk was, soos vroeër die seisoen, baie ongelukkig om 'n geel kaart te kry. Dié keer was dit vir meervoudige oortredings deur sy spanmaats en nie 'n akkumulasie van oortredings deur die jong Burger self nie. Ek dink die kaart is prematuur gegee en ek dink die verkeerde speler het hom gekry. Joe van Niekerk was feitlik knaend onkant en moes eintlik die spit afgebyt het.

Wat maak Jake met Schalk? As hy 'n ander goeie "fetcher" soos Warren Brosnian of Hendro Scholtz gehad het, kon hy die druk van Schalk afgehaal het, maar nou sit hy met Tim Dulane. Hoe sal die Engelse nie giggel as hulle hom nie kies nie. En wat van die gebrek aan penetrasie in die middelveld? Hoe handig sou Ettienne Botha nie op Twickenham ingekom het nie, al sê die polities-gepekelde André Markgraaff ook nou hy verdedig nie goed genoeg nie.

Ek weet ek kyk met 'n Blou bril, maar ek weet ook dat die Bulle se pak hulle nie Saterdag so sou laat intimideer het nie. Eers moes ons hoor dis 'n bestiering dat WP nie die Curriebekereindstryd gehaal het nie, want nou kan die sterre uitrus. Toe moet ons hoor ons manne was teen Wallis verroes. En nou gebeur Ierland.

Ons hoor Kobus Wiese sê die Bokke hou té lekker vakansie daar oorkant die water en ons sien met ons eie oë hulle speel vintage Rudolf Straeuli-rugby. Aan die ander kant verseker Jake al die spelers hulle plekke is veilig. Hoe lank gaan ons nog 'n rat voor die oë gedraai word oor die vermoëns van spelers soos John Smit en Eddie Andrews?

Ek wil liewer nie voorspel wat Saterdag op Twickenham gaan gebeur nie. Dis heel moontlik dat die Bokspan se talent mag ontplof en ons die Ingelse 'n stewige loesing kan gee. Die kanse is egter beter dat hulle op ons ondergemiddelde voorry gaan in-zoom en ons nog 'n pak slae gaan gee. Gebeur dit, sal White sy oogklappe moet afhaal en dink oor sy witbroodjies wat nie die mas opkom nie.

Net drie Iere was goed genoeg vir White se Bokspan. So ook net drie Bulle. Dis ironies dat dit juis drieë is wat die Bokke ontwyk.



LitNet: 19 November 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.