Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Om met vrees en bewing vervul te wees ...

Blou Bul Braampie

Ek moet bely ek is met vrees en bewing vervul oor Saterdag se botsing teen die Leeus op Loftus. Ek het al voorheen aanskou hoe die Leeus ons Curriebekerdrome verpletter en dit was 'n nare gevoel, glo my.

Die WP lag die lekkerste. Nie net het hy 'n semifinaal op sy tuisveld by André Watson present gekry nie, maar hy het ook die sagste moontlike opponent getrek. Die Cheetahs se verdediging is net nie goed genoeg om die WP se snellers van hulle doellyn af weg te hou nie. Boonop is Mark Lawrence 'n positiewe skeidsregter wat die spel tot sy reg sal laat kom.

Die Cheetahs se hoëspoed-aanvalle sou waarskynlik vir die Bulle meer gevaar ingehou het. Tog sou ek eerder verkies het om hulle op Loftus aan te vat.

Die Leeus is 'n perd van 'n ander kleur. Hulle het feitlik geen swak plekke in hulle verdediging nie. Boonop is André Pretorius honger vir groot rugby. Ek moet bely dat Nel Fourie se kanonvoet, as hy op losskakel sou begin het, dalk die Bulle op die agtervoet kon vaspen. Nou behoort Derek Hougaard se taktiese skopwerk aan die Blou Bulle 'n geringe gebiedsvoorsprong te besorg.

Voorlangs staan die Leeus nie veel terug vir die Bulle nie. Matfield en Bakkies Botha behoort aan die Bulle lynstaanbesit van 'n hoë gehalte te waarborg. Wickus van Heerden en sy adjudante het egter in al twee die vorige botsings teen die Bulle min moeite ondervind om hulle deel van die lynstaankoek te verseker. In die skrums is daar nog minder tussen die spanne te kies.

So wat bly oor? Die vaste los, en daar het beide spanne hulle angels. Nuwelinghaker Schalk Brits het sommer oornag in 'n Springbok-kandidaat ontpop. Sy vaartversnellings laat mens dink aan 'n Jeremy Paul op sy beste, terwyl Wickus van Heerden se dryfwerk sy Springbok-pa se hart warm moet laat klop. Agterlangs het die Leeus waarskynlik meer spoed en troefkaarte as die Bulle.

Op sig lyk die dinge maar donker vir die Bulle, wat tot voor die semifinale die kitaar in die Curriebeker geslaan het. Wat wel in Heyneke Meyer se guns tel, is dat hy 'n lojale, hoogsgemotiveerde span na die slagveld lei. Die Bulle het die afgelope jaar in 'n onstuitbare eenheid ontwikkel. Indien die talentvolle Fourie du Preez volgens sy potensiaal speel, gaan dinge vir die Leeus lol. Du Preez beskik nie net oor een van die beste rugbybreins in die land nie, maar ook oor 'n hemelse voorgevoel vir die gaping. Sy samespel met Jacques Cronjé kan die Leeus se verdedigingspatroon erg ontwrig.

Die sleutel tot die raaisel lê waarskynlik in die wedstrydbeamptes. Ek het skeidsregter Shaun Veldsman al baie sien blaas. In die eerste wedstryd tussen die twee spanne het Deon Van Blommestein die Bulle op die laaste fout met 'n belaglike grensregterbeslissing geklop. Veldsman is ook van die Boland. Ek wil voorspel dat 'n belaglike rooi kaart die gang van hierdie wedstryd gaan bepaal. Onthou, as die Bulle uitgeskakel word, is die finaal in die Kaap. En soos Koos Basson, ongewilde president van WP-rugby, vroeër vanjaar uitgewys het: alles in rugby gaan deesdae oor geld.

My gevoel is dat die Bulle baie maklik hierdie een kan verloor. Om te verhoed dat 'n onnutsige grensregter hulle nie weer kelder nie, moet Hougaard die telbord aan die rol hou. Slegs dan kan ons volgende week die WP-sneltrein op Loftus verwelkom.



LitNet: 14 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.