Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Curriebeker koors!

Blou Bul Braampie

Die Curriebekerstryd woed teen 'n geweldige tempo voort; om die waarheid te sê, dit gaan amper net so rof as by die kunstedebat op LitNet. Al verskil is dat daar nie geel en rooi kaarte by die kunstedebat gegee word nie. (Daardie koelkas sou tjokkenblok gewees het.)

Met die Curriebeker-halfeindstryde minder as twee weke weg, is dit geen uitgemaakte saak dat die Blou Bulle hulle heerskappy in vanjaar se reeks gaan voortsit nie. Die WP se arsenaal Springbokke speel al beter, terwyl die Bulle se spelpatroon al meer voorspelbaar raak. Een ding wat egter nie twee is nie, is dat Saterdag se stryd op Loftus 'n verwoede een gaan wees.

Ek dink nie die Bulle sal dit hoegenaamd oorweeg om die wedstryd te "gooi" nie. Eerstens is Heynecke Meyer 'n afrigter wat deur die jare bewys het dat hy oor onkreukbare integriteit beskik. Selfs in sy donkerste uur, toe hy die swakste afrigtingsrekord in die Supertwaalf sy eie gemaak het, was Meyer se gedrag onbesproke. Ek glo die Bulle sal voluit gaan vir 'n wen, al is dit nou net om WP van 'n tuishalfeindstryd te ontneem. Ek glo ook dat Griekwas die Cheetahs gaan laat klippe kou. Ek hoop en verwag dat die Bulle en die Cheetahs volgende week op Loftus teen mekaar te staan gaan kom. Hoewel die Vrystaters so onvoorspelbaar soos die Londense weer is, is hulle steeds 'n sagter teiken as die WP en die verraderlike Leeus.

Jake White se taak raak elke week moeiliker. Etienne Botha speel die soort sjampanjerugby waarby White ingekoop is, terwyl sy naamgenoot, Gary, week na week uitblink. Die Bokafrigter sal nie veel langer die twee Bothas kan ignoreer nie. Dieselfde geld vir Derek Hougaard, wat onder Meyer se kennershand besig is om in 'n groot speler te ontwikkel.

Die skeidsregter sal seker maar weer die naweek die belangrikste individu op die veld wees. Dit is altyd jammer as die blaser die kollig by die spelers steel, maar dit is ongelukkig hoe dit in SA rugby gaan. Ek glo dat André Watson vir Kleinschalk 'n guns gedoen het toe hy hom 'n paar weke gelede met 'n rooi kaart bestraf het. Hoewel ek van mening was dat die rooi kaart te vinnig gebruik is, was dit op daardie stadium reeds duidelik dat die jongeling bereid was om van enige ongeoorloofde taktiek gebruik te maak om die losbal te beheer. Wat my aanbetref was die rooi kaart onvermydelik. Dit het net te gou te voorskyn gekom. My punt is die afgelope naweek gestaaf toe die jong Burger baie meer in pas met die reëlboek gespeel het. Met die strafskoplas van sy nek af het hy vernietigende spel gelewer.

In teenstelling met Kleinschalk, wat elke duim 'n Springbok lyk, lyk Big Joe soos gewoonlik maar trietsig. Ek glo ons sal waarskynlik Saterdag sy beste op Loftus sien. Hy lyk soos 'n speler wat die groot oomblik aangryp om sy slag te wys. My hare rys as ek dink hoe Bobby Skinstadt die Bulle in 1998 op Loftus ore aangesit het. Gelukkig het ons ses weke later teruggekom en hulle van die beker beroof.

Deur die genade is ons darem nou van Rudy Joubert ontslae. Dankie SARVU. Hoewel die Bulls onder Rooi Moer hulle beste posisie in die Supertwaalf behaal het, het die ou beenkop min vriende in Bloubulland gemaak. Dis niks minder as reg nie dat Heynecke Meyer toegelaat word om met sy eie kallers te ploeg.



LitNet: 08 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.