Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Snow White of Jake the Snake?

Blou Bul Braampie

Snow White of Jake the Snake? Hierdie naweek sal ons die eerste leidraad kry oor die toekoms van die mees onervare Bokafrigter in die geskiedenis.

Jake het darem nou ’n kontrak. Dit was opmerklik hoe vinnig hy geteken het nadat De Wet Barry seergekry het. Sy besluit om Wayne Julies as derde senter bo die vlugvoetige Etienne Botha te kies, kan in sy gesig ontplof. Hoe gouer White leer dat politiek en wenrugby weinig met mekaar te doen het, hoe beter vir sy saligheid.

LitNet se bedrewe duiwelsadvokaat, Francois Williams, wie se sportkennis nie te versmaai is nie, het voorspel dat die Iere met ’n rekordtelling gaan wen. Hoewel ek steeds dink die Bokke kan wen, het hulle kanse ’n ernstige knou gekry met die onttrekking van Barry.

Die Bokke se kanse is in die hande van vyf spelers. Eerstens is daar die teddiebeer-kaptein, John Smit. Net die manier waarop die arme jafel die persverklaring oor die Bokke se niedeelname aan die staking voorgelees het, voorspel gevaar. Ek besef dat daar ’n verskil is tussen ’n nuusleser en ’n kaptein, maar die onbeholpe leespoging van Smit het ’n baie duidelike boodskap oor sy kommunikasievaardighede gestuur. Ek hoop hy bewys my verkeerd.

Die tweede speler wat ’n groot invloed op die Bokke se wenkanse gaan hê, is Victor Matfield. Dié ou hemelbesem was skynbaar in ’n vorige lewe ’n senter gewees. As hy weer verval in die gewoonte om sy lyf agterspeler te hou, gaan die Bokke sukkel. Bakkies Botha is die enigte voorspeler wat werklik ’n goeie rekord in die vaste los het. Dis onwaarskynlik dat hy die knaende Ierse terriërpak sal kan vaslê.

Derde op my lysie is Jaco van der Westhuyzen. In Leicester het hy op ’n wonderbaarlike wyse weer in ’n toplosskakel ontwikkel. Of Harry Potter en sy maatjies iets daarmee te doen gehad het, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat hy baie beter kantlyn toe sal moet skop as hy nie ’n stortvloed Ierse aanvalle uit die agterste driehoek wil ontketen nie. Die vierde sleutelspeler is Kleinschalk. Ek hoop White en sy handlangers het iets aan die knaap se reëlkennis gedoen. Die jong Burger gaan ongetwyfeld ’n troefkaart in die wedstryd wees. Ek is net nie heeltemal seker vir watter span nie. Laaste maar nie die minste nie is daar Henno Mentz. Vir die eerste keer in ’n baie lang ruk het ons weer ’n Springbokvleuel om oor opgewonde te raak. Kry die Bokskakels die bal vinnig by Mentz, kan hy die verskil tussen wen en verloor beteken. Ek sien twee drieë vir Mentz in my kristalbal. Om op te som: die Bokke het baie om te bewys. Ek glo hulle sal die mas opkom, mits die spelers hulle basiese take verrig. Hou Smit die voorspelers onder ’n kombers, kan Marius Joubert en Mentz die drieë druk wat op die ou end die verskil tussen wen en verloor beteken. Ek kies die Bokke om met drie punte te wen.



LitNet: 10 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.