Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breinknoper

Blou Bul Braampie

Ek lees verlede Saterdag voor die toets in die Pretoria News dat twee vergete Bokke van mening is dat die tyd ryp is om Strooihalm te pos. Ollie le Roux en Warren Britz deel die siening. Ollie se rugbykennis is nie te versmaai nie. Hy was op sy dag ’n bul van ’n Springbokstut en het selfs later as impakspeler diens gedoen. Boonop ken hy die hele spyskaart van die Spur uit sy kop uit met pryse en al — selfs die kinderspyskaart. Die ander een is Warren Britz wat ook onder Strooihalm gespeel het by die Sharks. Sy ondervinding in toetsrugby sal nie ’n poskaart vol maak nie. Ek besluit nietemin dat die berig ’n voorbode is dat die Bokke goed gaan speel en verkondig dit aan wie ook al bereid is om na my te luister. Die Springbokke is immers die hele week deur die media in Aus-NZ uitgeskel vir alles wat laag en gemeen is.

Soos wat die ou duiwel dit wil hê, klim die verflenterde Bokspan in asof hulle lewens daarvan afhang. Hulle speel met soveel oortuiging dat feitlik die hele volk in trane uitbars toe hulle nie die knoop deurhaak nie. Geen woord van verwyt nie — en niemand is eers kwaad vir Louis Koen nie, ten spyte van sy ondergemiddelde skopvertoning wat ons die wedstryd gekos het. Die uwe, wat onder die sterreteken van die Ram gebore is, bly suur oor ons slae gekry het. Vir my is verloor verloor, en pregnant pregnant. Ek bak nie mooi broodjies oor sulke dinge nie. Ek moet egter toegee dat Bobo, Juan Smit, Jorrie, Stefan en Joe van Niekerk puik was. Die losvoorspelers het vir my vir die eerste keer in ’n baie lang ruk na ’n eenheid gelyk met Van Niekerk onverbeterlik. Dit is die eerste keer dat ek hom goed sien verdedig — hy is gewoonlik net ’n ramkat op die aanval. Geo Cronjé was ’n Simson in die vaste spel. Tot Victor Matfield het nie dié keer lyf weggesteek nie.

Voor verlede Saterdag was alles so eenvoudig. As die Bokke weer sou swak speel, doen ons skadebeheer en pos vir Strooihalm. Nick Mallett of Laurie Mains neem die span oor. Verder leen ons geld by daardie Shuttleworth ou en stuur vir Koen op ’n ruimtereis wat op die 17de Oktober vertrek — die dag voor ons die Ingelse in Perth pak. Dan kies ons vir Hougie in die rol van Naas/Jannie de Beer om ’n Dear John op hulle Jonnie te trek. Toe gebeur Saterdag. Nou sit die rugbybase met ’n breinknoper. Was Saterdag se verloor goed genoeg om die strategie vir die Wêreldbeker onveranderd te laat?

Ek twyfel nie daaroor dat Strooihalm gaan aanbly as afrigter nie. Ek dink ook daar is meer duidelikheid hoe die kern van die span daar gaan uitsien. Boonop sal die naweek se video-opnames oor die Curriebekerwedstryde ook ’n paar interessanthede uitwys. Derick Hougaard se manjifieke doodvat op Kleinjan Tromp is een. So ook Neil Powell en Fourie du Preez se kookwaterskrumskakelspel. Die klein Du Preez het ’n rugbybrein soos min. Hy kan baie van Strooihalm se probleme oplos. Voorlangs het CJ van der Linde blink vir die Vrystaat vertoon. Ek hoop Strooihalm hou kop en laat die Springbok-kandidate soveel rugby as moontlik speel. ’n Gesofistikeerde rekenaarspeletjie soos Warcraft kan ook help om die manne se denke te verbreed. Die gestoot en geploeter teen die duiksakke kan maar afgeskaal word. Al ooreenkoms tussen so ’n duiksak en ’n Australiese rugbyspeler is dat beide sal afblaas as hulle gebyt word. (Die duiksak het waarskynlik ’n hoër IK.)

Die groot twisvraag onder die kantlynkenners hierdie week is of die All Blacks alles ingesit het teen die Bokke. Diegene wat in die samesweringsteorieë glo, sal sekerlik ’n saak kan uitmaak dat die All Blacks doelbewus ’n bietjie teruggehou het in die toets. Die volgende aspekte sal onder bespreking kom:

  • Hoekom het twee van hulle beste voorspelers nie in die wedstryd gespeel nie?
  • Hoekom het die redakteur van ’n gesaghebbende Nieu-Seelandse rugbytydskrif twee dae voor die toets gemeld dat die Bokke verdien om met 100 punte te verloor?
  • Hoekom het Spencer volhard met daardie doellose lugskoppe op die vleuels?
  • Hoekom het hy nie een van sy beroemde omkapbewegings uitgevoer nie?

    My siening is dat die All Blacks moontlik verkies het om enkele taktiese bewegings nie uit te voer nie. Die Drienasies was immers in die sakkie en Clive Woodward het met valkoë na die wedstryd gekyk. Aan die ander kant het die Bokke waarskynlik baie meer weerstand gebied as wat die All Blacks verwag het. Ons manne het ook ’n ander patroon gebruik.

    In die geheel gesien dink ek die Bokke het, deur nie tou op te gooi nie, die All Blacks onverhoeds betrap. Hulle het gedink die klomp Sukkelbokke sal weer na sowat 50 minute die handdoek ingooi. Dié keer het dit nie gebeur nie.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.