Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

Sedert die dae van die Kolosseum het politici en promotors in gelyke maat die big-business-potensiaal agter sport raakgesien. ’n Dekade gelede was daar nie ’n Stormers- of ’n Cats-span nie, maar vandag kry mens murg-en-been-ondersteuners van sulke spanne. Die massas was nog altyd heel bereidwillig om hulself agter enige ikon te skaar — om natuurlik die saaiheid van ’n gewone lewe op te hef. Maar, dit is als ou nuus en vervelig.

Wat my as potensiële fan opgewonde maak, is die gissinge rondom wat movers en shakers in die bedryf nog vir rugby as professionele sport gaan opdroom.

In die boek Nick & I deur Rob van der Valk word vertel hoe daar in 1999 (tydens Nick Mallet se termyn as Springbok-afrigter) reeds gepoog is om ’n Springbok-rebellespan op die been te bring, om professioneel op internasionale vlak mee te ding. Die verkoop van TV-regte sou so ’n span gemaklik finansier.

In 2005 verval die huidige kontrakte (+- R150 miljoen per jaar) wat SARVU met groot uitsaaiers het, en dan is daar die potensiaal vir mense soos Rupert Murdoch om nuwe kompetisies, formate en selfs spanne uit te dink om die kykers mee mee te sleur.

Een van die grootste probleme wat daar duidelik in SA rugby is, is die elke-demigod-op-sy-eie-mishoop-ingesteldheid van die administrateurs. Almal probeer soveel moontlik uit die spreekwoordelike lemoen wat Suid-Afrikaanse rugby is, suie.

As hierdie administrateurs se ingesteldheid en werkswyses nie spoedig verander nie, gaan die professionals op ’n stadium eenvoudig die middelmatige, kleingeestige middelman uitsny en self met die bal begin hardloop

Stel julself net voor: ’n Internasionale rugbyliga met spanne soos The Down Under Dingoes, The SA Boks, of The British Roses (name sommer uit ’n hoed getrek); spelers wat in dollar betaal word om nie meer as 20 wedstryde ’n jaar in ’n internasionale span te speel nie; die beste spelers en beste afrigters ter wêreld in een superliga. Dit is iets wat die verbeelding kan aangryp en die paloekas tot ver agter die kantlyn kan verskuif.

As iemand in Benoni Liverpool se sokkerspan kan ondersteun, of iemand wat in Christchurch bly, die renjaer Michael Schumacher van Duitsland kan ondersteun, blyk dit dat geografie ook nie meer so ’n groot rol in fan clubs speel nie.

Na SA se totale mislukking in die Super 12 is daar darem nou ’n ou gebruik om die verbeelding, vir nou, weer hier plaaslik te laat roer: Springbok-proewe!

Opgewonde vrae word gevra, soos: Hoe gaan Bolla Conradie en André Pretorius as skakelpaar kombineer? Hoe gaan spelers soos Etienne Botha en Adrian Jacobs tussen sterk spelers operate? Is Big Joe, Bobby en Rassie reg? Hoe diep en wyd gaan die nuwe Bok-breier delf om internasionale talent te identifiseer?

Op 19 Mei sal ongeveer 40 spelers op Loftus aan hierdie heerlike proefwedstryd deelneem, en ek as ondersteuner kan nie meer wag nie.

My twee spanne vir die Springbokproewe is:

Die Rooi span:

15 Conrad Jantjes
14 Stefan Terblanché
13 Etienne Botha
12 Marius Joubert
11 Pieter Rossouw
10 Werner Greeff
9 Craig Davidson
8 Russel Winter
7 Charl van Rensburg
6 Corné Krige (kaptein)
5 Mark Andrews
4 AJ Venter
3 Willie Meyer
2 John Smit
1 Lawrence Sephaka

Die Blou span:

15 Percy Montgomery
14 Breyton Paulse
13 De Wet Barry
12 Adrian Jacobs
11 John Daniels
10 André Pretorius
9 Bolla Conradie
8 Bob Skinstad (kaptein)
7 Hendrik Gerber
6 Joe van Niekerk
5 Hottie Louw
4 Victor Matfield
1 Daan Human
2 Tjoepie van den Heever
3 Faan Rautenbach

Liefhebbers van die spel sal merk dat ek heelparty Super 12-kombinasies opgebreek het en dalk vra hoekom. Dit is gewoon omdat ’n proefwedstryd ’n mens die geleentheid bied om te eksperimenteer en dit sal interessant wees om te sien hoe spelers se sterk en swak punte mekaar stabiliseer en aanvul. Ek glo die twee spanne is ook heel goed gebalanseer en dit sal moeilik wees om ’n wenspan te nomineer. Lekker!

Plaasvervangers:

James Dalton
Etienne Fynn
Cobus Visagie
Ollie le Roux
Jannes Labuschagne
Albert van den Berg
Rassie Erasmus
Quinton Davids
Clyde Rathbone
Jaco van der Westhuizen

Ek het slegs twee agterspelers in die plaasvervangers gekies, alhoewel ek glo dat Straeuli waarskynlik nog ’n paar interessante hase uit die Vodacom-hoed mag ruk. Ek glo ons het in die twee spanne genoeg talent om agterlangs te kan beweeg, indien ’n sterk pak voorlangs ’n platform kan skep.

Sien julle langs die veld.

Stem jy saam? Indien nie, vertel ons waarom jy nie saamstem nie by katvis22@yahoo.com.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.