Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

So, hier is ons aan die einde van die rondomtaliefase van die Super 12. Die Crusaders het ’n rekord gebreek deur 11 agtereenvolgende oorwinnings in een seisoen aan te teken en die Bulls deur insgelyks 11 agtereenvolgende verloorslae te behaal. Ek glo dat ’n mens by albei hierdie ekstremiteite iets oor die game kan leer.

Beide Robbie Deans, al twee jaar afrigter van die Crusaders, en Heynecke Meyer, afrigter van die geslagte Bulle, voel dat kontinuïteit ’n groot sleutel tot sukses is. Sodra ’n span hul afrigter of ’n paar prominente spelers verloor, is daardie span ten minste vir een seisoen in die wildernis. Dit is natuurlik wat verlede jaar by die Crusaders en hierdie jaar by die Brumbies en die Cats gebeur het. Veral die Cats wat Laurie Mains en ’n paar prominente spelers aan beserings verloor het, het hierdie seisoen swaar getrek.

Natuurlik is sukses, of ’n gebrek aan sukses, geneig om in rugby ’n sneeubaleffek te hê. Dit gaan als maar oor selfvertroue — hoe minder mens wen, hoe minder raak jou kanse om te wen en omgekeerd.

Terug by kontinuïteit, Naas Botha het op Supersport die opmerking gemaak dat All Black keurders sommer die Crusaders, as ’n span, net so in swart truie vir Nieu-Seeland kan laat speel. Die spelers speel perfek as ’n eenheid saam, verstaan mekaar goed en al is daar op individuele vlak miskien beter spelers, soos Jeff Wilson, in ander spanne, wil mens graag daardie sukses-in-samespel optrek tot op nasionale vlak.

Met dieselfde redenasie behoort die Stormers, die enigste relatief suksesvolle SA span in die Super 12, die kern te vorm van ’n potensiële Springbokspan. Spelers soos De Wet Barry en Marius Joubert het pas mekaar gevind en stewige kommunikasiepatrone is aan’t vorm. Ondersteuners en veral joernaliste uit die noorde verstaan natuurlik ook hierdie logika en probeer om met byderwetse passies en argumente meer van hulle spelers, of sal ek sê, minder WP spelers in die Bokgroep bewerkstellig. Die arme Hennie Brandt, van Beeld, het homself nou al in so ’n hoek vasgeskryf dat hy volledige artikels aan die twyfelagtige opinies van een van die hulpafrigters van die Leeus se Vodacom span afstaan.

In daardie artikel word beweer dat rugby, soos die Australiërs dit speel, “old-hat” is, maar noem niks van die feit dat die Brumbies (nuwe afrigter ten spyte) in die semifinaal is nie, of dat die Waratahs, oor ’n baie dun lys van sterk spelers beskik en dat baie van die eerstekeuse spelers van hierdie span in hul nederlaag teen die Crusaders beseer was.

NB: Bob Dwyer, afrigter van die Waratahs is nie verniet as ’n ou jakkals bekend nie. Ek sal nie verbaas wees as hy vir sy spelers gesê het “hang terug” nie, “spaar julself vir die semifinaal, want dit is die wedstryd wat saakmaak.”

Kom ons wag tot die einde van die Super 12 om te sien wie se rugby werk.

Sien jul Sondag by die proewe.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.