SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Elemente van Pyn

Ronel Scheffer

(i)
jy moet jou klere afstroop
opkyk na die berg
met sy stroewe gesig grimmige klowe
sê god uit gewoonte waar kom ek vandaan
jy moet stroop
die verlange se gedaante beken
die vlees sy stomme plek gun

die lug verkleur
die dagbreek kom soepel
hunkerend
’n duisend verklarings
definisies wat die hart se rank knou
die orde in die bloed gister se drif
in die donker dye
skuil ongedroomde wêrelde

etiket se verwonding in die sagte vleis
naaktheid klam in jou hande
’n wye landskap wink wreed
die horison is ’n veraf troos

die sluwe berg buig ’n sedige hoof
jy moet jou deuntjie maar sing

(ii)
meisie met die uitstaanlyf
wat my vingers lok
en singende vlamme
vrou met die lewende mond
onwaarskynlike droom
liefste in lig en vuur
jou grense word wasig en taai
jou geur bly in my hande
die moeras groei geruisloos
só soet om my

(iii)
onverhoeds
? gesig van jou hart
stil in haar vuis
teer in haar toesig
liefling die engte van jou oë
die skanse in jou hande
lig en vuur verbyster

(iv)
en nou moet ons vriende word
banaal beleef
ek moet toekyk
vergeet en onthou
die lyn van jou lyf
die kolk, die eggo’s
wat eentonig draai

(v)
my blomme dan
liefling
die lewe produseer ongewenste
gifte ek is gebore met oë
en die pynlike hart van ’n kind
die geur wat my wakker maak in die môre
moet vergaan
só moet ek roei in my tuin
en aan die gang bly

blomme getuienis van hart
en soet asem fynste vlam
prewelend lewe
die dood
mond uit in die sagste kelk
die droom
is die setel
van alle verdriet
van alle lewe

(vi)
my blomme dan
liefling
die lewe produseer ongewenste
gifte ek is gebore met oë
en die pynlike hart van ’n kind
die geur wat my wakker maak in die môre
moet vergaan
só moet ek roei in my tuin
en aan die gang bly

blomme getuienis van hart
en soet asem fynste vlam
prewelend lewe
die dood
mond uit in die sagste kelk
die droom
is die setel
van alle verdriet
van alle lewe

(vii)
onthou nietemin
skepsel bly jy
ek blom jou ek dood jou
desperate skepper bly ek





LitNet: 14 November 2005

  • Lees die eerste weergawe van hierdie gedig: "Elemente van Pyn"
  • Lees die tweede weergawe van Ronel Scheffer se tweede gedig: "Slag die patriargie af"
  • Lees die eerste weergawe van Ronel Scheffer se tweede gedig: "Man"
  • Terug na SkryfNet VIII

    Wil jy reageer op SkryfNet VIII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.