SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Man

Ronel Scheffer

Vir Sheila Cussons

Heer u het my goed gemaak
só kan ek ook maar eenvoudig dink

(i)
dol wind en somerhitte
kondisies smerig vir ’n sagwordende lyf
ek paai my hart stil
ek word naar en staan
weer voor my sogenaamde keuses

my oë is sag gefokus oor die weefstof van klank en lig
wat my privaat aan die lewe hou
die verhouding met die res wisselvallig

aanvaar jy my borste hul vorm van wees
het jy die spieël gesien wat weet jy van jou
my veertigjarige buik sal ek agter ’n sluier hou
hoe kan ek kyk?

hoe kan ek die liggaam ooit ken
verstaan betekenis maak vertrou
as jou oë met die dood bly dreig

hoe kan ek haar onder die gifte van die aarde ag
hoe kan ek hierdie mens liefhê en deur die eeue beken

jou vebete hande sluit om die son
jy beskryf my smerig in elke straat van elke stad
o jy weet jy ken my
en ek moet mooi trap
vir die heer
ek verbeur my geboortereg
as ek jou sien krimp die lewe ineen in my
ek moet weer heel word elke dag

die atmosfeer straal deur die staal kake van jou kou
jou gevangenis is heerlik

en wat is ek
voortvlugtend in wind en weer

(ii)
in my boekrak staan ’n bybel
en volumes wat ek moet eer
maar al wat ek sien in hierdie nag
is die liewe jesus, die mensdom
styf in ’n hoek gedruk
deur jou dom piel

die volmaan bloei
vryheid blom in die lug
ek wil die teerpad soen
die donker streel
tussen die huise dans met vry borste
uitbars uit dorre raamwerke van plesier
en van wonder
maar dis jou verspotte testikels
wat my verbeelding moet vul
waarvoor ek my in toom moet hou

jou filosofering is luide simbaal, klinkende metaal
rasionele opdrifsels om self-haat
hoog-eer en magsug te verbloem
woorde, beelde
drup eentonig
jou piel skakeer, gedy eindeloos
kroon van die natuur
bespotting van lewe

die volmaan bloei
vir ons
maan skater oor aarde
en ek sal hierdie nag
nooit weer aan jou oorlaat nie





LitNet: 07 September 2005

  • Lees Ronel Scheffer se eerste gedig: "Elemente van Pyn"
  • Terug na SkryfNet VIII

    Wil jy reageer op SkryfNet VIII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.