SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Jou kind

Riana Wiechers

(‘n Herskrywing van "Die Kind" deur Ingrid Jonker vir ‘n onlangse Ingrid Jonkerherdenkingsaand)

Jou kind word nie groot nie
Jou kind lig dun hande teen die skyn van jou aanwesigheid
Wat haar kindername fluister wat sing jou reuke
Van siekte en liefde
In die magteloosheid van jou sterwende hart


Jou kind vou haar hande teen jou tere aanslae
En die wegbleik van jou herinnering
Wat jou nederlaag skreeu skreeu die leemte
Van onvoorwaardelike liefde
In die handel en wandel van haar ontouerde trots


Maar jou kind word nie groot nie
Nog in Hofstraat nog in Vredehoek
Nog in ‘n beige huis in Durbanville
Nog onder haar suster se wit beddegoed
Waar sy lê met ‘n boek teen haar smart


Jou kind is jou lyf se skynherrysing
Op wag met ‘n glimlag wat sê dis OK
Jou kind is teenwoordig by begrafnisse en familiebyeenkomste
Jou kind luister uit vir die noem van jou naam en jou woorde in vlymskerp oomblikke
Jou kind wat net jou naam wil kan sê sonder snak of trane bly verdoof
Jou kind wat al kleiner raak plof terug in haarself en in wyn
Jou kind wat steeds nikser word bly op een plek verdwyn en verskyn

Sonder ‘n ma




LitNet: 07 September 2005

  • Lees Riana Wiechers se tweede gedig: "Koejawels val van 'n boom op George"
  • Terug na SkryfNet VIII

    Wil jy reageer op SkryfNet VIII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.