SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Die Prisênt

Miquette Redelinghuys

Vandag was rêrig crap. Die ouens het funny ideas gehad. Oggend vroeg tel een my op by die square, daar by die statues. Hy vat my toe na sy huis toe. Daar moet ek die voorskoot omsit en maak of ek die maid is. Hy maak toe of hy die baas is wat huis toe kom van die werk af sonder vrou. Soos wat ek toe nou stofsuig en vloere vee en koppies was, sit hy op die couch en speel met sy tollie terwyl hy vir my kyk. Weird man. So teen twaalfuur laai hy my weer by die statues af.

Ek moet eers iets eet so ek kry toe gou kos by die porra se take-away en gaan sit in die gardens by die library. Soos wat ek so sit, kom daar ‘n seuntjie na my toe geloop en vra of ek sy ma gesien het. Nee, sê ek toe en gee maar vir hom een van my worsies. Mooi kind, seker so vyf jaar oud. Nou wonder ek watse ma los haar kleintjie sommer so in die park. Ek sal dit nooit met my baba doen nie.

Daar was baie duiwe wat die hele tyd pik-pik om my voete. Êrens kyk ek op in die lug en sien toe hierdie mooie wit duif wat afgevlieg kom. Hy het vir ‘n oomblik op my kop gesit en toe is hy weer weg, asof hy net gou kom hallo sê het.

So twee-uur staan ek daar in Loopstraat. ‘n Groot, geel bus kom verby. Al die mense binne-in skommel soos milkshake toe hy om die draai gaan. Die rooi kar stop langs my en vra of ek werk. Ek sê ja, “vir meneer, enigiets!” Ons ry toe ver verby Clifton en Camps Bay al die pad om tot by Vishoek. By sy huis gekom, sê hy ek moet uittrek, maar toe ek in die kamer kom, is daar drie ander girls daar. Dit was darem nie so weird nie, maar nog steeds – wil mans nie meer naai nie?
Hy gaan laai my toe later weer af daar by die Waterfront. Toe ek in Pick ‘n Pay is, loop ek verby hierdie vrou wat by ‘n tafeltjie staan en samples uitdeel. Toe sy my sien, vra sy: “Some bum cream for your baby, lady?”
“Nee!” sê ek verskrik en loop aan.

So vieruur moes ek eers gaan inbetaal by Lazarus. Hoop nie ek kry weer sulke freaks vanaand nie, maar dis okay, want Lazarus sê ek maak goeie geld. Dalk is hy nice hierdie jaar en gee my ‘n raise vir Krismis. Ek sien weer Mary se gesiggie voor my daai jaar oor daai ou pop wat Moedie by haar mêrrem gekry het. Ek het myself belowe toe Moedie siek geword het, ek sal sorg dat Mary se gesiggie elke jaar so blink soos die Bethlehem star waarvan hulle altyd sing voor Krismis. Sy is nog so klein. Sy verstaan nie al die goed nie.

Jamie mis die meeste vir Dada. Hy het gesê hy sal vir ons skryf en geld stuur van Angola af, maar nadat ons nou al amper vir drie jaar niks gehoor het, het ons ophou hoop. Moedie sê hy het seker sy lepel in die dak gesteek en dit is ten to one van al die gesteek dat hy nou vrek lê êrens. Vandat Dada weg is, het Jamie stil geword. Partykeer het dit gelyk of hy weer gesnuif het, net so in die verte gestaar asof hy dinge sien wat ons nie kan sien nie.

Dis dié dat ek maar self moes inspring en werk, want Moedie het net al sieker geword en Jamie was meer in die tjoekie as by ons. Dit was baie moeilik aan die begin, maar ek het gou gewoond geraak. Dit bring goeie geld in. Ons eet goed. Ek kon vir ons mooi klere koop. Warm klere vir die winter. En Moedie se meds, of course. Dis nogal duur. As Moedie nog gewerk het, sou dit beter gegaan het, maar met die gehoes en al die sere is sy altyd moeg.

Ek is nogal spyt dat ek skool moes los. Ek sou nou Standard 8 gewees het. Ek is nou vyftien. Die kinders by die skool het altyd gepraat van hulle “sweet sixteen” en dit klink so lekker, maar nou ja. As ek sestien was, sou ek ‘n normal job kon kry soos ‘n cashier of skoonmaker, maar ek is nog te jonk. Dis hoekom ek maar vir Lazarus werk. Ek het van die naaldwerk en opstelle gehou. Ek het van kleins af altyd vir Mary en Jamie stories vertel wat ek self uitgedink het. Ek kan mooi lees ook, of so het Miss Petersen gedink. As sy so oor haar bril vir my kyk en in haar mooi Engels sê: “Katie, you must never stop reading, promise me!” Ons het darem een boek in die huis, noudat ek daaraan dink, Moedie-hulle se Bybel. Partykeer as ek tyd het, lees ek nog daarin, maar dit gaan maar moeilik. Moedie het dit nog by ‘n church-meeting gekry. Soos sy sê: “In the good old days toe jou pa nog geworry het.” Die blaaie is al baie geel en geskeur.

Dit laat my dink aan Antie Josie se kind wat hier agter bly. Hy het eers so geel geword en toe lank gelê. Moedie wil nie hê dat ons daar naby moet kom nie. Sy sê dat die kind se siekgeit hom half koekoesrig gemaak het. Moedie sê dat sy gesien het hoe hol die kind met sy kaal bas al skrouende al om die huis.

Dalk moes ek maar daai bum cream gevat het, maar Moedie sê altyd niks is verniet nie.

Aan die begin was dit baie moeilik as ek ‘n wit ou moet doen. Hulle embarrass my altyd. So asof ek iets verkeerd doen. Hulle is die bleddie rykgat ou ballies wat like van coloured working girls. Ek onthou toe die vrouens van die wit kerk vir ons een Sondag lank terug broodjies en sop gebring het. Hulle het vir ons uit die Bybel gelees en ons het liedjies van Liewe Jesus gesing. Hulle het gelees dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het en dat ons ook ander mense moet vergewe soos Hy ons vergewe. Ek kan nie regtig die customers vergewe nie, want dis maar my job. ‘n Rand vir ‘n brand, so sê hulle, nè.

Ek wonder party dae of Liewe Jesus van ons vergeet het. Ek meen, ons het ‘n huisie hier op die Vlakte en as die Kaapse Suidoos waai, voel dit of hy al jou geraamtes in jou kas laat ruk en dat hulle any moment now gaan uitmoer saam met die dakplate en vensters. Het Liewe Jesus van ons vergeet? Of help Liewe Jesus net wit mense? Of moet Hy nog kom? Ek weet nie meer nie. Jamie sê dis die zol wat my kop so dof maak.

Nou die dag het ek amper gefaint. Ek staan daar op die hoek, net so entjie van die shops af dat ek nie gevang word nie. So mooi, lang, slap, swart kar stop by my en ek klim in. Die man het net soos Dada gelyk, of soos ek hom onthou, maar hy het ‘n Afrikaanse naam en van gehad. Hy wou ook net met my praat. Hy het gesê dat ek so ‘n mooi meidjie is en dat hy wens hy kan my help. Toe vra hy my oor Moedie en Jamie en Dada en Mary en wat ek die graagste wil hê vir Krismis en ek sê toe vir hom.

Hy sê: “No problem, ou girl. Enige man wat ek ken, doen dit met plesier.”
Hy het vir my Kentucky gekoop en gekyk hoe ek eet. Met ‘n Coke en drie pakkies Stuyvesant nogals. O en so ‘n mooi pienk lighter met hartjies op en ‘n slab chocolate met neute: “For being so sweet,” het hy gesê.


Lazarus was so happy oor al die pers papiergeldjies dat hy glad nie geworry het toe die man vir hom sê dat ek nie weer terugkom nie. Hy het al my pay en sommer ‘n bonus ok gegee en dit was nie eers naby pay-day nie. Ons is toe gou Shoprite toe vir melk vir Moedie. Dis beautiful, nè, al die Vader Krismisse en sneeumanne en sleë en bokke en die kindertjies. Toe begin die liedjie speel en ek hoor die mooi woorde:

“Mary’s boy child Jesus Christ
was born on Christmas day”

En ek dink weer aan Mary – sy gaan so bly wees oor al twee haar nuwe maatjies. En ek? Ek kry die beste prisent, net soos Mary in die liedjie darie Krismis gekry het.

Toe ek huis toe loop, kon ek sweer ek het weer daardie selfde wit duif gesien.



LitNet: 17 Januarie 2006

Wil jy reageer op SkryfNet VII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.