SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV SkryfNet V SkryfNet VI SkryfNet VII SkryfNet VIII

SkryfNet VII

SkryfNet VII se inwonende skrywers

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver se skryfwerk is reeds in verskeie genres bekroon: volwasse fiksie, jeugfiksie en kleuterboeke. Haar bekendste roman, Griet skryf 'n sprokie, is in sowat 'n dosyn tale vertaal, en haar ander volwasse romans ook in Engels, Hollands en Duits. Haar vorige publikasie, Die hart van ons huis, is 'n versameling humoristiese vertellings oor haar lewe in Provence saam met haar Franse man en hulle vier kinders. Teen einde 2005 publiseer sy 'n bundel kortverhale, Bestemmings, en 'n kleuterboek, Mia se ma.
Ingrid Winterbach Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen) is die skrywer van Klaaglied vir Koos, Erf, Belemmering, Karolina Ferreira, Landskap met vroue en slang, Buller se plan en Niggie. Die roman Karolina Ferreira is bekroon met die M-Net Boekprys en die Ou Mutual Letterkundeprys, Buller se plan met die W.A. Hofmeyr-prys, en Niggie met die Hertzogprys vir Prosa. Winterbach woon sedert 1991 in Durban, die hawestad aan die Indiese oseaan.

SkryfNet VII se skrywers

Die storie in jou hande

Kate Bester Kate Bester is onderwyser in Johannesburg waar sy Engels en Afrikaans onderrig. Nadat sy drie kinders grootgemaak het, is die wapad nou haar woning. Sy stap graag en reis, waarvoor sy met Engelse lesse betaal. Geseën met 'n oor vir tale, tel sy hulle vinnig op. Die kinders sê sy het moewies in haar kop, so sy skryf baie. Boeke, klassieke musiek, skilder, plante, diere en stilte verryk haar.




Douwlina du Plessis Douwlina du Plessis is 'n Valentynsdagbaba van baie jare gelede. Werk vanaf 1985 as algemene praktisyn en boer deeltyds met Brangusbeeste en Yorkshire terriërs naby Glen op haar plasie langs die walle van die Modderrivier. Sy is lief om aan skryfwedstryde deel te neem. Dus het sy al 'n paar pryse gewen. Tweede prys in 2000 vir "Donderweerkind" in Bloemfonteinse Skrywersvereniging/ Volksblad se wedstryd, 2001 eerste prys vir "Nag sonder einde". Ontvang tweede prys vir "Keerpunt" in e-postydskrif, Klets (2004). "Sprong" ontvang derde prys (Klets, 2004) en is aangewys as storie met die meeste potensiaal. Dieselfde jaar ontvang sy 'n gedeelde eerste, tweede en derde prys in die Waterberg Kunsfees vir 3 ander kortverhale. Sy wen 'n gedeelde eerste prys in 2005 in die ope afdeling van ATKV/Woordwoekeraars met "Spore in Sand".

Sonja du Plessis Sonja Du Plessis is 36, woon in Durbanville en is die moeder van vier seuns. Sy's nog getroud, nog gelukkig, langer as wat sy verwag het en skugter wanneer nugter. Sy hou van langarmdans, kerkbasaars, kegelbal, braaivleis, skolerugby, visvang langs 'n vaal dam en hekel graag vir ontspanning. Sy waardeer opregte, eerlike, hardwerkende mans wat matig drink en weet hoe om 'n vrou te behandel.



Miquette Redelinghuys Miquette Redelinghuys het vir die eerste 18 jaar van haar lewe in Sasolburg gebly en is toe Pretoria toe om te gaan swot. Die swot-ding was 'n disaster aangesien sy allesbehalwe ingeneurswese geswot het. Sy het oplaas besluit om nie oor die geld te worry nie en het deeltyds BA Afrikaans en B Psigologie deur Unisa begin doen. Dit is nou nadat sy weggeloop het Kaap toe saam met haar eerste liefde. Vandag is haar lewe baie rustiger - sy is getroud met haar eerste liefde en hul het so pas 'n engel ryker geword. Sy werk op dié stadium aan hul eie besigheid - sagteware-ontwikkeling - en skryf so tussendeur.


Liezel van Beek Aanvanklik, nádat sy haar B.Phil Joernalistiek in 2000 op Stellenbosch verwerf het, wou Liezel van Beek eers daardie knaende reisgogga stil maak voordat sy ‘n regte egte joernalis sou word. Ná vier en ‘n half jaar in Taiwan moet sy erken dat dit eerder die rýsgogga is wat koning kraai – die Verre Ooste het haar tydelik aan die tone beet.
Soos meeste Suid-Afrikaners daar, was sy ook eers ‘n English teacher. Met kronkelende ompaaie en ‘n goeie dosis hardkoppigheid het sy uiteindelik te staan gekom voor die deur van haar eie restaurant in Hsinchu. Intussen het sy ook begin om Suid-Afrikaanse wyn uit te voer. Sy doen ook vryskut-radiowerk en skryf soveel as wat sy kan.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.